Mens vergeet soms vanwaar jy af kom, waarvoor jy al in die verlede gebid het en al die kere wat die Here al deurgekom het (op Sy manier) en; Dat daar soveel genade al op jou lewenspad was tot hier. Dalk ʼn werk wat jy gekry het? Dalk in besigheid! Dalk met die liefde of …

bid, groei, en leef

Deel die preek:

Mens vergeet soms vanwaar jy af kom, waarvoor jy al in die verlede gebid het en al die kere wat die Here al deurgekom het (op Sy manier) en; Dat daar soveel genade al op jou lewenspad was tot hier.

Dalk ʼn werk wat jy gekry het? Dalk in besigheid! Dalk met die liefde of verhoudings – wat ookal die verhaal van jou lewe is, as jy ‘n klompie jare sou “rewind” – dan was daar NIKS; en nou is daar… IETS.

Ons almal se paaie VERSKIL! Jou blessings en jou uitdagings kruis jou pad vir ‘n rede – wees net DANKBAAR; want God, wat alles gemaak het en wat die ewigheid in Sy hande VASHOU, het jou persoonlik lief! Hy gaan enduit saam met jou wees!