Gee

Tuis  |  Maak ‘n donasie

Iets om oor te dink wanneer ek GEE.

Wanneer ek tiendes en offergawes gee, erken ek dat God my Bron is; God is my Voorsiener. Met ander woorde: Ek verloor nie iets wat ek verdien het nie, ek gee terug wat Hý vir my gegee het.

Dit herrangskik my hart om Hom eerste te stel. Dit herinner my dat ek die bestuurder is, en nie die eienaar nie; die rentmeester, en nie die bron nie.

En dit is eintlik wonderlike nuus, want as ek die Bron was, sou ek bang wees dat wat ek het sou opraak. Maar as ek besef dat God die Bron is, is daar geen tekort nie. Hy voorsien vir al Sy mense, en daar is geen skaarsheid wanneer ek na Hóm kyk as my Bron nie.

2 Korintiërs 9:7 “God het ‘n blymoedige gewer lief.”

Dit sal vir ons baie beteken indien jy ons finansieel kan ondersteun...

om seker te maak dat hierdie Koninkryksaak sal kan voortbestaan – en ‘n verskil in die gemeenskap kan maak.

ZAPPER

SNAPSCAN

Direkte Deposito Besonderhede

Rek Naam: GUNSGENOTE
FNB Gold Business Cheque Account
Rek Nr: 62732256476
Branch: Durbanville (250655)
Die naam Gunsgenote – is SLEGS die Naam van ons geregistreerde NPC van waaruit ons gemeente sake bestuur sal word

Baie dankie vir jou getroue bydraes.

Harmonie Gemeente