Vroue Bediening
Tuis | Vroue Bediening
In Harmonie VROUE BEDIENING
Alhoewel die wêreld vir elke vrou verwronge eise en maatstawwe wil skep, wil ons by Vroue In Harmonie glo dat dit wel in elkeen se gebrokenheid is wat ons voorberei word vir God se wil in elke vrou se lewe. Ons lag, huil, gesels, vertrou en meeste kere koek en tee ons gereeld in absolute veiligheid saam mekaar en leer so opnuut wat God se hoop vir ons as die liggaam self is.
Ons visie is om alle vroue betrokke by die liggaam te kry om haar gekose ‘funksie’ in die gemeente te ontdek en as ‘n kragtige basis te kan staan vir gesinne en die groter ledetal.
Ons byeenkomste vind elke tweede Woensdag oggend plaas, tussen 9:30 – 11:00.
Kontak Nicolette as jy wil betrokke raak by ons vrouebediening @ 076 310 2363
