Word jou lewe deur die Heilige Gees gelei?
Hier is goeie nuus: God is by uitstek ’n God vir mense wat soms swak, onseker, bang en rigtingloos voel. Ja, juis in doodloopstraat tye kom God se krag, genade en goedheid na vore. Want dis in die donker oomblikke van ons lewens dat Sy lig kans kry om werklik te skyn … en vir ons Sý pad te wys. Al wat dit vra is onvoorwaardelike vertroue. Dis God se Heilige Gees wat jou sal lei? Word jou lewe gelei deur die Heilige Gees?