Wie moet die geveg begin?
Tema: Wie moet die geveg begin? Heb 12
Gebed: Die lewe is nie aldag ‘n maklike pad nie – ‘n geveg – het sy uitdagings; ons worstel met persoonlike goed, ons stry teen die vlees, ons word moeg en uitgeput….. – Here kom leer ons vandag – kom gee ons nuwe moed – Kom help ons om weer te sien – U het reeds die oorwinning vir ons behaal; Dat U die stryd vir en saam met ons stry! Help ons; om die wedloop te voleindig; om die geloof te behou!!
HEBREËRS 12:1-3 ‘Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.’
Prentjie: Dink aan jou laaste atletiekbyeenkoms wat jy bygewoon het.(veral aan die begin van die jaar) – lank terug was ek self ‘n atleet… – (vir Jan v Riebeeck gehardloop, skool/ou).
Daardie spanning, adrenalien by die wegspringplek – wenstreep. Atlete word deur die afsetter nader geroep; hoe die skares stil raak; die afsetter sê: “Op julle merke … gereed …” en dan klap die skoot! Die atlete vlieg met mening en spoed uit hulle wegspringblokke uit. Vernuf en spierkrag – terwyl die skares skree en aanmoedig! (Aanmoediging is lekker…)
Hy gebruik die beeld – om ons aan te moedig in hulle stryd om die lydensweg van Christus – voluit na te volg.
Asof die skrywer roep: “… ek weet die wedloop is tuff – maar volhard!! Dis alles die moeite werd” Geweet gelowiges word moeg langs die pad… nie maklik nie…
Jong Joodse bekeerlinge, baie stryd en lyding, gedreig om afvallig te raak in geloof.
Ek en jy ís een van die atlete! Dis nie die 100-meter nie. Nee, ons is ingeskryf vir die langste wedloop:
• ‘n Hinderniswedloop;
• ‘n Moeilike Pelgrimstog na ‘n ver land met baie obstruksies in die pad;
• ‘n Stryd (‘n geveg) wat gestry moet word…
• MAAR in CHRISTUS het ons almal die potensiaal om die wedloop te voltooi.
II TIMÓTHEÜS 4:7 (Paulus) – ‘Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.’
Tema: “Wie moet die geveg begin” Uit: I KONINGS 20:14 – ‘En Agab sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U.’
Agab die swak koning van Israel was magteloos teen sy vyande en daarom stuur God ‘n profeet om hom te bemoedig met die woorde in vers 13: (God bemoedig altyd)
1 KONINGS 20:13 – ‘’n Profeet het na koning Agab toe gekom en vir hom gesê: “Dit is die boodskap van die Here: ‘Sien jy hierdie groot menigte? Ek sal hulle vandag in jou mag oorgee. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.’”’
(14) Maar Agab (swak en bevrees) – vra ongelowig: Wie moet die geveg begin? En die profeet antwoord – U
Daarop het die nietige leer van slegs 7 000 op die middag uitgetrek – oorweldigende getal Arameërs – Benhadad oorwin – (20) Hulle het elkeen sy man verslaan.
• Die lewe is ‘n stryd; (Wedloop bietjie meer gewig gee…, wanneer laas het jy gehardloop…. – Nico en die berg….)
• Dit is ‘n persoonlike stryd;
• MAAR – Dit is ook die Here se stryd….
Ons wil sekerlik almal in hierdie lewe en in die besonder in hierdie tyd graag sonder stryd wees…, maar ons is elkeen gewikkel in ‘n felle
lewenstryd: (JONK OF OUD)
• Sommige is nog baie jonk en het nog nie veel aksie gesien in die lewenstryd nie;
• Ander is reeds lank in die stryd gewikkel en is soos geharde soldate op die slagveld van die lewe – op die voorpunt van die felle stryd. Hulle
mondering is gedruk, gebuig, bevlek – deur die skermutseling met die vyand;
Die harde realiteit: Ons moet (1) Stry soos ‘n held of (2) Vlug soos ‘n lafaard!!
Daar bestaan ‘n betekenisvolle ou gebruik in die Koningshuis: – dat die naam van elke prinsie wat in die koning se paleis gebore word – onmiddellik na geboorte ingeskryf word op die rolle van een van die dienende regimente van die Leer. Van sy geboorte is hy bestem as ‘n soldaat van ‘n sekere regiment.
• (Efesiërs 6 beskryf mooi hoe my en jou mondering as soldaat moet lyk)
Hierdie stryd oorweldig dikwels die liggaam en die siel. En dit is eensame stryd. Dit gaan net oor jou en Jesus, “heel dikwels ’n stille stryd.” (Liedjie: Hou my trou)
Die storie van iemand se stryd! Dis nie asof dit by jou verbygaan omrede jy ‘n heilige, godvresende mens is nie – die wedloop moet elkeen hardloop en die struikelblokke moet elkeen “face”. Ek lees van ‘n man wat bewonder is as ‘n opregte man van God. Hy het die Here getrou gedien. Een van die mooiste wedlope vol getuienis ooit gehardloop. Hy was ‘n gebed stryder, ‘n aanbidder, ‘n man van integriteit en opregtheid, en hy het God se Woord liefgehad.
En toe op ‘n dag het sy wêreld in duie gestort. In een nag van wellus, het hy ‘n ander man se vrou swanger gemaak. In paniek om sy afskuwelike sonde toe te smeer, het hy ‘n sluipmoordenaar gereël om die vrou se man dood te maak. Maar sy sonde het hom ingehaal. Hy is getref deur ‘n verlammende siekte. Al sy vriende – verlaat, sy seuns – teen hom gedraai. Sy laste het onuithoudbaar geword.
Sy geestelike angs het veroorsaak dat hy aanhoudend getreur het. Sy dae was rusteloos en hy kon nie slaap nie. Hy het in ‘n diepe depressie gesak, en gedink dat God hom verlaat het. By dit alles, is sy liggaam met pyn oorval. Hy het oor daardie tyd geskryf, “Al wat ek nou doen is kreun.” Sy stille stryd het so oorweldigend geword, dat hy totaal verlate gevoel het. Dag na dag het hy uitgeroep, “My God, waarom het U my verlaat? My sonde het my oorweldig.”
Teen hierdie tyd het u heel moontlik al besef dat die goddelike man wat geval het was Koning Dawid. U kan sy belydenis in Psalm 38 lees en ook in Psalm 69.
Daar is ‘n besliste feit wat nooit weggeredeneer kan word nie – niemand kan jou stryd vir jou stry nie… (wat dit ookal kan wees)
Gal 6: – Want elkeen sal sy eie pak dra – elkeen sal rekenskap gee vir wat hy gedoen het…
• Niemand kan jou besluite vir jou neem nie;
• Niemand kan jou versoeking vir jou hanteer nie;
• Niemand kan jou trane vir jou stort nie;
• Niemand kan jou oorwinnings vir jou behaal nie;
• Niemand kan jou nederlae vir jou ly nie;
• (Stel jou voor iemand kan Eksamen vir jou leer)
• Niemand kan jou wedloop vir jou hardloop nie!!
• Dit is JOU en My stryd
Tydens die Amerikaans burger oorlog was dit moontlik om ‘n ander ma te koop – om in sy plek na die slagveld te gaan. Vir 150$ kon hy die stryd vir jou stry;
• Maar – in die stryd van die lewe is dit onmoontlik om ‘n plaasvervanger te kry om in jou plek te kom staan.
Maar die wedloop, jy moet homself hardloop – Jy moet dit stry – wen of verloor.
Selfs Jesus moes aan die kruishout Sy eie stryd stry – Hy moes die weg van smarte alleen bewandel…. – vir my en jou – daarom het ons moed vir hierdie pad van stryd.
As die sluier wat elke mens se verborge lewe (stryd) bedek, vandag opgelig word – Hoeveel probleme – hoeveel moeilikheid – bekommernisse, laste, versoekings, droefheid & teleurstellings sou ons nie kon sien nie….
• Daar is ‘n belangrike beginsel in hierdie stryd van die lewe:
Elke soldaat is sy eie bevelvoerder – liewe Medestryder: Ek en jy moet self die stryd begin –
En dis NIE altyd so maklik nie.. Paulus sê in
EFÉSIËRS 6:12-13 – ‘Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreld heersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.’
In Agab (1 Konings) het dat die soldate van Israel die vyand verslaan het – elkeen sy man (ken jou vyand)… – jou moet jou eie hart oopmaak….
Maw – elke soldaat het vir hom ‘n teëstander uitgesoek – en hom daarop toegespits om daardie teëstander self te oorwin – so ook jy ook: om dit te oorwin wat jou geestelike lewe bedreig. Met erns!!!
Die apostel sê: “Ons moet elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.”
• Watter vyande moet jy afsonder om te bestry? Elkeen sy eie man
Knoop vandag in die naam van die Here die stryd aan teen jou eie vyand – jy weet wie daardie vyand is wat jy moet aanvat – moenie onderhandel nie – maak hom dood – in Jesus se naam!
KOLOSSENSE 3:5 – ‘Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is.’
ROMEINE 8:13 – ‘want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.’
Hugo, goedkoop of harde woorde – wat van my stryd? Van siekte – knaende pyn; Verydelde hoop en teleurstellings; Huislike en familie probleme; Die las van droefheid en eensaamheid….
Dit maak nie saak waarteen jy vandag moet stry nie – As jy die Here sou vra: Wie moet die geveg begin?
Dan se die Here aan jou vir Agab: Jy moet begin: – ek gee jou die oorwinning, die krag!
HOOP & MOED: Jy stry nie alleen nie – Die stryd behoort aan die Here –
1 SAMUEL 17:45-46 ‘Maar Dawid sê vir die (reus) Filistyn: “Jý kom na my toe met ‘n dolk en ‘n spies en ‘n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee …. sodat die hele wêreld kan besef dat Israel ‘n God het.’
God het vir Agab gesê hy moet self die stryd aanvat – met min soldate teen baie vyand – dit lyk onregverdig of te veel verwag?
Maar God het hom ook belowe om hom die oorwinning te skenk as hy dapper sou stry!
Toe ‘n ander koning – Josafat by ‘n ander geleentheid ook teen ‘n oormaat moes stry – het die profeet van die Here gesê:
2 Kron. 20:15 So sê die Here, wees nie bevrees vir hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie jou stryd nie, maar God se stryd…
• Op die swaard waarmee jy moet stry staan die een woordjie: JOUNE
• Maar op die onverwelklike kroon wat weggelê is vir die wat getrou volhard om te oorwin – op daardie kroon staan ook geskryf – JOUNE
Hoe mooi gee Paulus aan die einde van sy lewe verslag van 2 Tim 4:7
• Ek het die goeie stryd gestry;
• Ek het die wedloop voleindig;
• Ek het die geloof behou!
Laaste stukkie lees uit John Banyan se boek: Die Pelgrim se reis na die ewigheid – hy vertel toe die pelgrim die bevel ontvang het om deur die doodsjordaan te trek – het hy gesê: “My swaard gee en aan hom wat na my op die pelgrimsreis sal reis; my dapperheid gee ek aan hom wat dit kan ontvang, my wonde en littekens neem ek met my saam as bewyse dat ek die stryd gestry het van Hom wat my stryd sal beloon….
En terwyl hy afdwaal in die Jordaan het hy gesê: Dood waar is jou angel?
En toe Hy dieper gaan: Doderyk waar is jou oorwinning?
En so het Hy oorgestap onder trompetgeskal van sy oorwinning!!
• Dit is ‘n stryd – ‘n goeie stryd
• Dit is jou eie – persoonlike stryd
• Dit is God se stryd!!
Moenie moed opgee nie!
2 KORINTIËRS 4:16-17
‘Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.’