https://youtu.be/TcJzaTojC7A Wanneer PYN die deure van HOOP oopmaak... PSALMS 121:1-8 AFR53 “'N BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die …
https://youtu.be/TcJzaTojC7A
Wanneer PYN die deure van HOOP oopmaak…
PSALMS 121:1-8 AFR53 “’N BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.”
Waarom is God nie regverdig nie?
HABAKUK 1:2-3 AFR53 – Hoe lank, o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie? Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.
HABAKUK 1:2-3 AFR83 “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red? Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei.”
Hábakuk: Om te ‘stoei’ en te ‘omhels’
Wanneer PYN die deure van HOOP oopmaak…
JAKOBUS 1:2-4 AFR53 “AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.”
HÁBAKUK 1:5 AFR53 “Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.”
HÁBAKUK 1:6-7, 9 AFR53 “Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie. Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
HÁBAKUK 1:6-7, 12-13 AFR53 IS U dan nie uit die voortyd nie, o Here, my God, my Heilige? (Omhels) Ons sal nie sterwe nie. Here, tot ‘n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, (Omhels) tot ‘n tugroede het U hom bestem! U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie — waarom aanskou U die trouelose, (STOEI) swyg U (STOEI) wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?”
Wat as dit werklike pyn vat, om ons by blywende hoop uit te bring?
HÁBAKUK 2:1 AFR53 “OP my wagtoring wil ek gaan staan en op ‘n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.”
Wanneer PYN die deure van HOOP oopmaak…