Waarvoor hardloop jy weg? Partykeer weet ons presies wat God van ons vra... maar ons kies 'n ander pad. Nie omdat ons nie gehoor het nie, of omdat ons nie verstaan het nie. Maar omdat gehoorsaamheid soms moeilik is, ongemaklik is, of ons bloot eerder ons eie plan wil volg. Die verhaal van Jona is …
Waarvoor hardloop jy weg? Partykeer weet ons presies wat God van ons vra… maar ons kies ‘n ander pad. Nie omdat ons nie gehoor het nie, of omdat ons nie verstaan het nie. Maar omdat gehoorsaamheid soms moeilik is, ongemaklik is, of ons bloot eerder ons eie plan wil volg. Die verhaal van Jona is nie net oor ‘n groot vis nie. Dis ‘n verhaal oor mense soos ek en jy – mense wat soms wegvlug van God se roepstem, Sy wil, of selfs die verandering wat Hy in ons lewens wil bring. Die goeie nuus? Selfs wanneer ons wegbeweeg, reik God se liefde steeds uit na ons! Sondag ontdek ons saam hoe God mense liefdevol terugroep, nuwe kanse gee, en ons ontmoet selfs op die paaie waar ons probeer wegkruip. Miskien is die vraag nie net: “Waarvoor hardloop jy weg?” nie… Maar ook: “Waarheen roep God jou terug?”







