https://youtu.be/9r7kC_hjInk Waarom JESUS? Sondag 2 Junie  ‭‭JOHANNES‬ ‭14:1-6‬ ‭AFR53‬‬ “LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En …

https://youtu.be/9r7kC_hjInk

Waarom JESUS?

Sondag 2 Junie 

‭‭JOHANNES‬ ‭14:1-6‬ ‭AFR53‬‬ “LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

‬‬‬‬‬‬‬‬

‭‭MARKUS‬ ‭2:16-17‬ ‭AFR53‬‬ “En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink? En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”‬‬‬‬‬‬‬‬
‭‭

Waarom JESUS?

HANDELINGE‬ ‭3:15‬ ‭AFR53‬‬ “…..God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.”‬‬‬‬‬‬‬‬
‭‭

JOHANNES‬ ‭14:15-18‬ ‭AFR53‬‬ “As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.”‬‬‬‬‬‬‬‬
‭‭

DEUTERONÓMIUM‬ ‭30:19-20‬ ‭AFR53‬‬ “Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die Here jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die Here aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee.”

‬‬‬‬‬‬‬‬Waarom JESUS?

Sign up for free class

It’s easy and free!

admin

admin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *