Erastus, wie elke Sondag met ons tieners werk, en Marichen, wat saam met haar span elke Sondag ons kinders bedien, gaan van die lesse en getuienisse met ons deel wat God die afgelope paar weke in hulle lewens kom doen het. Dis gewoonlik in die moeilikste ervarings wat ons die meeste groei. Terwyl jy dit …
Erastus, wie elke Sondag met ons tieners werk, en Marichen, wat saam met haar span elke Sondag ons kinders bedien, gaan van die lesse en getuienisse met ons deel wat God die afgelope paar weke in hulle lewens kom doen het. Dis gewoonlik in die moeilikste ervarings wat ons die meeste groei. Terwyl jy dit verduur, wat dit ook al is, wens jy dat dit moet eindig. Maar met verloop van tyd kom jy agter dat die moeilik eintlik opgedaag het om jou te dien. Om jou lewenswysheid te verhoog, jou ego af te breek, jou intimiteit met jou gawes op te bou en jou hart oop te maak vir soveel groter liefde. Dis amper asof moeilike tye nie gemors moet word nie, want die groei wat jy daaruit kan kry, is van onskatbare waarde. Moenie hierdie Woord & Getuienis misloop nie, en nooi veral iemand saam wat deur ‘n moeilike tyd gaan, of gegaan het.







