Daar was ‘n tyd wat ons met vaste sekerheid en vertroue kon sê: “Sien is glo!” Daardie dae is vir altyd verby. Maar, hoe gemaak, en hoe hanteer jy “Vertroue” – as dit eintlik die fondasie van jou Verhouding met God en met mense moet wees? Sondag kuier ons saam met die onbekende Hebreër skrywer …

bid, groei, en leef

Deel die preek:

Daar was ‘n tyd wat ons met vaste sekerheid en vertroue kon sê: “Sien is glo!” Daardie dae is vir altyd verby. Maar, hoe gemaak, en hoe hanteer jy “Vertroue” – as dit eintlik die fondasie van jou Verhouding met God en met mense moet wees? Sondag kuier ons saam met die onbekende Hebreër skrywer en ons praat reguit oor VERTROUE. Ons teks kom uit Hebreërs 10:35-37 ‘Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in. Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. Nog net ‘n kort, kort tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie.’ Jy het hierdie Woordkos nodig vir jou pad vorentoe. Moet dit nie misloop nie, en nooi sommer iemand saam wat dalk soos jy, sukkel op die “Vertrou-pad” van hulle geloof. Nagmaal word ook bedien en almal is hartlik welkom.