Vertrou God in die storm.
Klink die volgende bekend? Die lewe is goed, alles loop reg… en dan skielkik duik daar omstandighede op, sonder enige waarskuwing. En skielik bevind jy jou in `n hewige storm. Jou emosies gaan op hol en jy raak vreesbevange – want alles is buite beheer. En dan begin jy dinge bevraagteken wat jy voorheen geglo het. “Here, gee jy regtig om vir my? As u `n God van liefde is, hoekom het jy toegelaat dat ek my werk verloor, hoekom het jy toegelaat dat my geliefde sterf? Hoor u my ooit as ek u aanroep?”