https://youtu.be/f-EOqxnmvP0 PAteties tot FUNtasties KOLOSSENSE 1:21-29 NLV “Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is. Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos. …
PAteties tot FUNtasties
KOLOSSENSE 1:21-29 NLV “Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is. Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos. Maar dan moet julle aanhou glo. Julle moet onwrikbaar vas bly staan en nie die verwagting laat vaar wat in julle gewek is toe julle die Goeie Nuus gehoor het nie. Hierdie Goeie Nuus is aan almal onder die son verkondig. En ek, Paulus, het hiervan ’n dienaar geword. Ek is nou bly dat ek tot julle voordeel kan swaarkry. Ek is bly dat ek die deel van Christus se vervolging wat nog oorbly, kan help dra. Ek verduur dit in mý liggaam tot voordeel van sý liggaam, die kerk. Ek is ’n dienskneg van dié kerk. God het my die verantwoordelikheid gegee om aan julle sy volle boodskap bekend te maak. Hierdie boodskap was vir eeue en geslagte lank ’n geheim, maar nou het God dit aan sy eie mense bekendgemaak. God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig. So wil ons graag elke mens in ’n volmaakte verhouding met Christus voor God laat staan. Hiervoor werk en stry ek met Christus se krag wat magtig in my aan die werk is.”
Kolossense 1:27 (NLV) God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel.
Kolossense 1:27 (NLV) God het besluit om aan hulle bekend te maak…… Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel.
Kol 1:13 (53) Hy wat ons verlos het UIT DIE MAG van die duisternis en oorgebring het in die Koninkryk van die Seun van Sy liefde – (14) in wie ons die verlossing het deur Sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes..
Kol 2: 12 – …omdat ons saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het…
Kol 3: 3 – …want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in GOD.
Gal 5:24 – Maar die wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig – dis my nuwe identiteit IN CHRISTUS.
Comments
Michael Van Vreden
sal graag die voledige diens wil kry.