Ons almal is besig om iets te bou – ’n lewe, ’n gesin, ’n toekoms. Dis natuurlik om vinnig vorentoe te wil beweeg, maar wanneer ons te gou wil klaarmaak, loop ons die gevaar dat alles in duie kan stort. Bouwerk vra tyd, geduld en ’n sterk fondasie. God is die Meesterbouer. Hy werk nie …
Ons almal is besig om iets te bou – ’n lewe, ’n gesin, ’n toekoms. Dis natuurlik om vinnig vorentoe te wil beweeg, maar wanneer ons te gou wil klaarmaak, loop ons die gevaar dat alles in duie kan stort. Bouwerk vra tyd, geduld en ’n sterk fondasie. God is die Meesterbouer. Hy werk nie volgens ons horlosies nie, maar volgens Sy volmaakte tyd. Laat ons leer om op Hom te vertrou in elke fase van die proses. Saam met die Woordbediening deur Hugo Weich, bedien ons ook Nagmaal, en die Hoërskool Bellville Koor sing.







