Moedersdag is nie noodwendig vir almal net ’n dag van blomme en glimlagte nie… Vir baie is dit ’n dag van verlange, verlies, bekommernis en stil trane. Voel jy dalk soms soos Dawid… bang, alleen, moedeloos en met vrae oor waar God is? Ons probeer glo… Ons herinner onsself dat die Here sal deurkom…, maar …
Moedersdag is nie noodwendig vir almal net ’n dag van blomme en glimlagte nie… Vir baie is dit ’n dag van verlange, verlies, bekommernis en stil trane. Voel jy dalk soms soos Dawid… bang, alleen, moedeloos en met vrae oor waar God is? Ons probeer glo… Ons herinner onsself dat die Here sal deurkom…, maar tog sukkel die hart om vas te hou. Soos Maria Magdalena kan ons só deur trane verblind word, dat ons Jesus nie meer raaksien in ons omstandighede nie. Miskien het bekommernis, siekte, dood of hartseer jou vrede gesteel, en al wat oorbly is vrees. Het jy ook al gedink: “Here, hoe gaan ek hierdeur kom? Ek kan nie meer nie…” Dan is hierdie Sondag vir jou. Kom ontdek weer: Jy kan nie… maar Jésus kan!! En Hy het jou nie alleen gelos nie, Hy het die Heilige Gees as Helper gegee.







