Sondag 26 Mei 2019 – RSG opname ROMEINE 15:5 'Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome Harmonie met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges.' Tema: “Om te lewe uit die hand van God!” I KONINGS‬ ‭17:2-7‬ ‭ “Toe kom die …

Sondag 26 Mei 2019 – RSG opname

ROMEINE 15:5 ‘Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome Harmonie met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges.’

Tema: “Om te lewe uit die hand van God!”

I KONINGS‬ ‭17:2-7‬ ‭ “Toe kom die woord van die Here tot (hom) Elia en sê: Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is; en jy moet uit die spruit drink, en Ek (God) het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou. En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die Here: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is. En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink. Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.”‬‬‬‬

PSALMS 91:14-15 AFR83 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.”

1 KONINGS‬ ‭17:2, 4‬ ‭AFR83‬‬ “Die woord van die Here het tot Elia gekom en gesê: Jy kan water uit die spruit drink, en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te sorg.””‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

1 KONINGS‬ ‭17: 8-9‬ ‭AFR83‬‬ Toe het die woord van die Here weer tot Elia gekom en gesê: “Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar. Ek het ‘n weduwee daar opdrag gegee om vir jou te sorg.”

‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬Om te lewe uit die hand van God!

SPREUKE 2:7-13 AFR83“Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars. As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry in wat regverdig en reg en billik is en sal jy op die goeie pad bly. Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word, oordeelkundigheid sal oor jou wag hou en verstandigheid sal jou bewaak. Dit sal jou weghou van die verkeerde pad af en van mense af wat verkeerde dinge verkondig, van dié af wat die regte paaie verlaat om op donker paaie te loop.”

MATTEUS 6:34 AFR83 “Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

“Maar” na verloop van tyd het die spruit opgedroog.

‭‭PSALMS‬ ‭37:25‬ ‭AFR83‬‬ “Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.”‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬
“Waar is die Lam”
“Die Here sal voorsien”

Om te lewe uit die hand van God!

Sign up for free class

It’s easy and free!

admin

admin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *