Soos ons aan die begin van ‘n nuwe jaar staan, besluit ek vir die hoeveelste keer om goed in my lewe te verander... Het jy ook al so besluit gemaak? Dalk is dit 'n paar voornemens wat jy beplan het om te doen – en weer nie aangepak het nie; Wat gaan 2025 anders maak …
Soos ons aan die begin van ‘n nuwe jaar staan, besluit ek vir die hoeveelste keer om goed in my lewe te verander… Het jy ook al so besluit gemaak? Dalk is dit ‘n paar voornemens wat jy beplan het om te doen – en weer nie aangepak het nie; Wat gaan 2025 anders maak as al die vorige jare wat ons dieselfde gesê het? Hoekom kan ons dit nie regkry om regtig te verander nie? Die Woord gee vir ons duidelike riglyne hieroor en Sondag gaan Rassie met ons gesels oor hoe ons regtig kan verander op ‘n manier wat volhoubaar en permanent is… Hierdie stuk waarheid het die potensiaal om jou perspektief oor jou lewe te verander, moenie dit misloop nie. Nagmaal word ook Sondag bedien. Kom word bemoedig en aangemoedig.







