ondag praat ons oor ’n liefde wat baie groter is as romantiese clichés of goedkoop Hollywood-weergawe. Liefde wat volgens die Bybel letterlik ’n saak van lewe en dood is. 1 Johannes herinner ons dat God se liefde ons uit die dood na die lewe oorgebring het, en dat hierdie liefde nie net ’n gevoel is …
ondag praat ons oor ’n liefde wat baie groter is as romantiese clichés of goedkoop Hollywood-weergawe. Liefde wat volgens die Bybel letterlik ’n saak van lewe en dood is. 1 Johannes herinner ons dat God se liefde ons uit die dood na die lewe oorgebring het, en dat hierdie liefde nie net ’n gevoel is nie, maar ’n lewenswyse; Sigbaar in hoe ons gee, vergewe en mekaar dra. Dis ’n liefde wat nooit koopbaar is nie, nooit opraak nie, en selfs die dood oorleef; ’n Ewige, grenslose liefde wat ons herskep en anker in ’n gebroke wêreld. Met Simfoniese klanke as agtergrond vier ons die Bybel se groot liefdessimfonie in 1 Korintiërs 13 en Romeine 8 ’n kragtige herinnering dat niks ons kan skei van God se liefde nie. Hierdie diens is ’n uitnodiging om weer te ontdek hoe diep, hoe wyd en hoe transformerend God se liefde werklik is, en hoe dit elke deel van ons lewe kan verander. Kom beleef saam – ’n Oggend waar Woord en Musiek saam getuig: die LIEFDE vergaan nimmermeer.







