By Harmonie glo ons GROEI gebeur nie per toeval nie. Daarom is Harmonie nie net ’n plek waar ons Sondae bymekaarkom nie, maar dis ’n geestelike tuiste waar lewens wortel skiet. Wanneer ons week na week onder die geklank van die Woord sit; Wanneer ons kinders en jeug doelbewus in geloof vorm; Wanneer ons mekaar …

bid, groei, en leef

Deel die preek:

By Harmonie glo ons GROEI gebeur nie per toeval nie. Daarom is Harmonie nie net ’n plek waar ons Sondae bymekaarkom nie, maar dis ’n geestelike tuiste waar lewens wortel skiet. Wanneer ons week na week onder die geklank van die Woord sit; Wanneer ons kinders en jeug doelbewus in geloof vorm; Wanneer ons mekaar leer ken; en dien en saam volhard, gebeur presies wat Psalm 92 belowe: In die huis van die Here blom mense. Hierdie is ‘n Visie Sondag. En in 2026 kies ons om DIEP GEPLANT te wees; in ons aanbidding, in gemeenskap en in bediening, sodat die Ewige Heilige en Soewereine God se lewe sigbaar deur elkeen van ons kan groei.