‘n Hartsondersoek vir 2024
Sal jy regtig toelaat dat God ‘n “ondersoek” in jou hart kom doen? Dawid bid die bekende gebed in die Psalms. Maar, waarom sou hy spesifiek ‘n hartsondersoek aanvra? Wat het in sy lewe gebeur? Die begin van ‘n jaar is ‘n wonderlike geleentheid om in eerlikheid en opregtheid voor God te kom staan… vir ‘n “ope-hart-ondersoek”.
PSALMS 139:23-24 ‘Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad.”Search me, O God, and know my heart; test me and know my anxious thoughts. Point out anything in me that offends you, and lead me along the path of everlasting life.’ NIV