Sondag vier ons ’n groot mylpaal: 10 jaar van God se goedheid! Hugo se boodskap is uit Psalm 103: “Moenie een van Sy weldade vergeet nie.” Ons gaan terugkyk, en vorentoe, en die Here eer vir dit wat Hy oor hierdie dekade gedoen het – Sy roeping, vergifnis, beskerming, voorsiening, genesing, liefde, groei en getrouheid. …
Sondag vier ons ’n groot mylpaal: 10 jaar van God se goedheid! Hugo se boodskap is uit Psalm 103: “Moenie een van Sy weldade vergeet nie.” Ons gaan terugkyk, en vorentoe, en die Here eer vir dit wat Hy oor hierdie dekade gedoen het – Sy roeping, vergifnis, beskerming, voorsiening, genesing, liefde, groei en getrouheid. Kom vier saam en bring dank aan Hom wat van die begin af getrou is! Dis ‘n FEESDIENS. Met groot en wonderlike bederf en vreugde. Kom, en bring sommer iemand saam om in die vreugde te deel by Harmonie Gemeente, Hoërskool Bellville – die plek om te wees.







