Wat as die grootste behoefte in jou lewe nie nóg raad, nóg inspirasie of nóg 'n plan is nie.., maar dat God jou van binne af versterk? Sondag gaan ons saam stilstaan by een van die kragtigste gebede in die Bybel – 'n gebed wat die potensiaal het om jou huis, jou geloof en jou …
Wat as die grootste behoefte in jou lewe nie nóg raad, nóg inspirasie of nóg ‘n plan is nie.., maar dat God jou van binne af versterk? Sondag gaan ons saam stilstaan by een van die kragtigste gebede in die Bybel – ‘n gebed wat die potensiaal het om jou huis, jou geloof en jou toekoms te verander. In ‘n wêreld wat al hoe meer deurmekaar raak, is die vraag nie wat met die wêreld gebeur nie… Die vraag is: Wie word ons? Hoe bly ons sterk wanneer die storms woed? Hoe lei jy jou gesin in onseker tye? Hoe lyk ware geestelike krag? Wat gebeur wanneer die liefde van Christus jou lewe werklik oorneem? Kom ontdek dit saam met ons.







