Maar wag, daar’s meer…

Hugo Weich
Sondag 1 Maart 2020
Maar wag, daar’s meer… & Nagmaal

Genesis 44:1-13 ‘TOE gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak; en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het. Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels. Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde? Is dit nie die ding waaruit my heer drink en waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het. En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel. Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my heer sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen. Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän aan u teruggebring — hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel? Dié een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees. Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal vry wees. Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak. En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind. Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.’

Job 42:5 ‘Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.’

“I walked a mile with Pleasure;
She chatted all the way;
But left me none the wiser
For all she had to say.

I walked a mile with Sorrow;
And ne’er a word said she;
But, oh! The things I learned from her,
When Sorrow walked with me.”

Hebreërs 2:1 “Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.”

Mattheus 26:39 “Jesus het op Sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader as dit moontlik is, laat hierdie beker by my verbygaan, nogtans nie soos ek wil nie, maar soos U wil.”

Romeine 8:17 “En as ons kinders is, dan ook erfgename van God en mede-erfgename van Christus – as ons saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik word.”

1 Korintiërs 10:15 “Ek spreek soos met verstandige mense. Oordeel self wat ek sê: Die beker wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

Job 42:5 ‘Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.’

Related Posts