Iemand het eendag gesê: “Indien jy gearresteer sou word omdat jy ‘n Christen is, sou daar genoeg getuienis wees om jou skuldig te bevind?” As volgelinge van Jesus, het ons ‘n DIEPER lewe nodig. Ons hele lewe moet daarna streef om die “saad van geloof” te ontvang, sodat ons nie net goed begin nie, maar …
Iemand het eendag gesê: “Indien jy gearresteer sou word omdat jy ‘n Christen is, sou daar genoeg getuienis wees om jou skuldig te bevind?” As volgelinge van Jesus, het ons ‘n DIEPER lewe nodig. Ons hele lewe moet daarna streef om die “saad van geloof” te ontvang, sodat ons nie net goed begin nie, maar standvastig daarin kan groei. Ons moet saam met Paulus gereeld bid dat “…dat Christus deur die geloof in ons harte sal woon en dat ons in die liefde gewortel en gegrondves sal wees”. Ons moet wees soos “die mens by wie daar op goeie grond gesaai is, wat die Woord hoor en dit verstaan.”







