Elkeen van ons is besig met ‘n vaart, so deur die lewe en oor die golwe wat dag na dag oor ons roete spoel. Deur die storms wat ons klein, nietig en oorweldig laat voel en soms laat wonder hoe ons dit gaan oorleef… In die situasies waar ons onsself so telkens bevind, kort ons …
Elkeen van ons is besig met ‘n vaart, so deur die lewe en oor die golwe wat dag na dag oor ons roete spoel. Deur die storms wat ons klein, nietig en oorweldig laat voel en soms laat wonder hoe ons dit gaan oorleef… In die situasies waar ons onsself so telkens bevind, kort ons iets wat ons ondersteun, ‘n anker wat ons in plek laat bly en wat verhoed dat ons deur die golwe tot op die rotse gespoel word…. Sondag oggend gaan Erastus jou vertel oor die anker wat ons tot ons beskikking het, in Hebreërs 6 sê die Woord: “. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom”