Is jy gelukkig?
Is jy gelukkig? Hy antwoord ook die vraag (uit die Woord) -of ‘n mens werklik gelukkig kan wees! Geluk is nie dieselfde vir almal nie, bloot omdat ons lewensomstandighede verskil. Een ding het meeste mense darem in gemeen: Ons almal wil gelukkig wees, ons wil geluk ervaar. Ons hoor tog nooit dat iemand sê: Ek wens so ek kan ongelukkig wees nie! Rocco deel die antwoord uit Psalm 1 wat die kern van al die Psalms (en die Bybel) se boodskap uitbeeld.