Is al jou kanse opgebruik?
Dis wonderlik om ‘n pad saam met die Here te stap! Dis ‘great’ as jy goed voel op die pad! As jou beker van blydskap oorloop en jou hart vol vrede is… MAAR… Soms is daar dinge wat ons aftrek, of ons laat spoed verloor, of ons moed breek…, of net ons vrede kom steel… En soms is dit sommer net ons eie menswees, die dinge wat ons doen en sê – en dalk verkeerd doen en sê…. wat ons gemoed en verhouding met die Here heeltemal kom omkrap…. HET JY AL OOIT GEWONDER, OF DALK AL OOIT GEVOEL… OF AL JOU KANSE IN DIE LEWE OPGEBRUIK IS?