https://youtu.be/CDtA1C8jMJQ Hoe desperaat is jy ? Psa 63:2 o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water. Psalm 42:2 Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! (v 3) My …

https://youtu.be/CDtA1C8jMJQ

Hoe desperaat is jy ?

Psa 63:2 o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.

Psalm 42:2 Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! (v 3) My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn? (v 4) My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?

Mark 5:25 En ‘n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het (v 26) en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het, (v 27) het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak; (v 28) want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word. (v 29) En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.

 

Luk 19:1 En Hy het in Jérigo gekom en daar deurgegaan. (v 2) En daar was ‘n man met die naam van Saggéüs, ‘n hoof van die tollenaars en ‘n ryk man. (v 3) En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was. (v 4) En hy het vooruit gehardloop en in ‘n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan. (v 5) En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly. (v 6) Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.

Hoe desperaat is jy ?

Mark 10:46 En hulle het in Jérigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en ‘n aansienlike skare uit Jérigo uitgaan, sit die blinde man, Bartiméüs, die seun van Timéüs, langs die pad en bedel. (v 47) En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasaréner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig! (v 48) En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig! (v 49) Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou. (v 50) En hy gooi sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe. (v 51) En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: Rabbóni, dat ek mag sien. (v 52) En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Mat 8:5 En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ‘n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom (v 6) n sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne. (v 7) Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak. (v 8) En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word. (v 9) Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit. (v 10) Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.

 

Luk 5:18 En daar het manne ‘n mens wat verlam was, op ‘n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit. (v 19) En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die panne tussen die mense in en voor Jesus. (v 20) En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.

Hoe desperaat is jy ?

Sign up for free class

It’s easy and free!

admin

admin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *