Goeie Tyd https://youtu.be/_BLRfwe6YR0 Hugo Weich Harmonie 30 Des: Goeie Tyd (‘n Leefstyl Keuse) Vers 1: Die Here is ’n toevlug van geslag tot geslag; Vers 2: Voordat die berge gebore is, voordat die wêreld geskep is, van ewigheid tot ewigheid is U God! Vers 4: Duisend jaar is vir U soos gister. Vers 5: U …
Goeie Tyd
Hugo Weich
Harmonie 30 Des:
Goeie Tyd (‘n Leefstyl Keuse)
- Vers 1: Die Here is ’n toevlug van geslag tot geslag;
- Vers 2: Voordat die berge gebore is, voordat die wêreld geskep is, van ewigheid tot ewigheid is U God!
- Vers 4: Duisend jaar is vir U soos gister.
- Vers 5: U maak ’n einde aan ’n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.
- Vers 9: Ons dae vlieg verby en ons jare skiet verby soos ’n gedagte.
- Vers 10: Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en die is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe.
Hoe gebruik jy jou tyd?
- Vers 12: “Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.”
- Vers 16: “Laat U werk vir ons duidelik word en U grootheid vir ons kinders. Hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.”
Bevestig die werk van my hande. Sit U stempel daarop!
- Pred 3:1-8 “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: Daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek, ‘n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red, ‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou, ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans, ‘n tyd om klippe weg te gooi, ‘n tyd om hulle bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels, ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af, ‘n tyd om aan te skaf, ‘n tyd om te laat wegraak, ‘n tyd om te spaar, ‘n tyd om weg te gooi, ‘n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk, ‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat, ‘n tyd om lief te hê, ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog, ‘n tyd vir vrede.”
- Vers 2: ‘n Tyd om te plant.
- Vers 3: ‘n Tyd om ‘n lewe te red.
- Vers 3: ‘n Tyd om te bou.
- Vers 4: ‘n Tyd om te lag.
- Vers 5: ‘n Tyd om te omhels.
- Vers 8: ‘n Tyd om lief te hê.
- Vers 8: ‘n Tyd vir vrede.
- Pred 3:9-13 Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? Ek het gesien dat God aan die mens ‘n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. Ek het tot die insig gekom dat daar vir ‘n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ‘n gawe van God.
Goeie Tyd, Hugo Weich
Sign up for free class
It’s easy and free!