https://youtu.be/4NOBIB6Tly4 Godvertroue 26 Januarie 2020 Rocco 2 Kronieke 32:6-9 (geveg teen die Assiriers) Daar het hy (Koning Hiskia) hulle bemoedig en gesê: “Wees sterk en vol moed. Moenie bang wees vir die koning van Assirië of sy magtige leër nie, want daar is ’n baie groter mag aan ons kant! Hy het dalk ’n …
Godvertroue
26 Januarie 2020
Rocco
2 Kronieke 32:6-9 (geveg teen die Assiriers)
Daar het hy (Koning Hiskia) hulle bemoedig en gesê: “Wees sterk en vol moed. Moenie bang wees vir die koning van Assirië of sy magtige leër nie, want daar is ’n baie groter mag aan ons kant! Hy het dalk ’n groot leër, maar hulle is maar net mense. Die Here ons God is by ons en Hy sal ons oorloë vir ons veg!” Hierdie woorde van koning Hiskia van Juda het die volk baie bemoedig.
Spreuke 3 :5-6
Jy moet met jou hele hart glo
dat God jou altyd sal help,
jy moenie dink dat jy self weet
wat om te doen nie.
Jy moet vir God vra om jou te lei
in alles wat jy doen,
dan sal Hy jou altyd lei.
Kollossense 1:26-29 (Paulus)
Op my skouers rus die verantwoordelikheid om die boodskap van God van begin tot end aan julle te verduidelik. God het ’n geheim gehad. Baie eeue en geslagte lank het niemand geweet wat dit is nie. Maar die geheim is nou bekend. God het besluit om aan sy eie mense die geheim te vertel. Hulle weet nou hoe ongelooflik wonderlik hierdie geheim is, veral vir nie-Jode. Die geheim is dit: Christus is vir almal, ook vir julle. Op Hom kan julle met vertroue staatmaak. Hy sal vir julle die wonderlike dinge gee wat ’n mens net by God kan kry.
In ’n intieme verhouding met Christus
Die inhoud van ons verkondiging gaan juis oor Christus. Ons praat reguit met almal oor Hom en leer hulle alles wat hulle van God en hulleself af moet weet. Ek wil hê dat elke mens die goddelike doel in sy lewe moet bereik. Dit is alleen moontlik deur ’n intieme verhouding met Christus. Daarvoor gee ek alles. Ek werk hard en doelgerig daarvoor soos iemand wat in ’n resies alles uithaal. Die krag om dit te doen kom van Jesus af.
Godvertroue
2 Korintiers 12: 8-10 (Paulus se doring in sy vlees)
Nie minder nie as drie keer het ek die Here gevra om hierdie struikelblok uit my lewe weg te vat. “Laat al my swaarkry en lyding asseblief tog net ophou!” het ek Hom gesmeek. Toe sê die Here uiteindelik vir my: “My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.”
Na hierdie antwoord van die Here het hierdie doring in my vel skielik die krag in my lewe geword. Ek het ontdek dat swaarkry en swakhede deel van die Here se plan met my lewe is. Van toe af kon ek selfs spog oor hoe swaar dit met my gaan sodat Christus die enigste kragbron van my lewe kan wees.
Weet julle, ek is glad nie meer omgekrap oor my swakhede en probleme nie. Wanneer mense my slegsê, wanneer ek mishandel word, wanneer ongelowiges my vervolg, of wanneer ek bang en benoud is omdat ek vir Christus werk, is ek doodtevrede. Want wanneer ek swak is, is ek juis sterk. My eie swakheid leer my om net op Christus se groot krag staat te maak.
1 Korintiërs 10:12
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
Hebreërs 10:35-36
Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het.
Romeine 8:31
Wat is ons gevolgtrekking oor alles wat ons tot nou toe gesê het? Dít: God is aan ons kant. Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees?
Godvertroue