Gebed
Gebed
Hugo Weich
Ons is nie meer seker HOE om te BID nie;
Raak verveeld en daar’s baie afleiding;
Ons dink ons versoek is net te klein vir God.
Ons dink dat ons gebed nie werklik ‘n verskil sal maak nie.
PSALMS 5:1-3 “’n Psalm van Dawid. O Here, luister na my woorde, let op my versugting. Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.”
Hoe sal ons met God praat?
Gebed
EXODUS 5:22-23 “TOE gaan Moses weer na die Here en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur? Want vandat ek na Farao gegaan het om in u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk glad nie verlos nie.”
MATTHÉÜS 6:5, 7 “En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het….
En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.”
Ons moet leer om met God te praat, oor ALLES wat vir ons belangrik is.
FILIPPENSE 4:6 AFR53 “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.”
I PETRUS 5:7 AFR53 “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.”
Praat aanhoudend met God.
I THES 5:16-18 “Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”
Leer om met God te praat; en dan te luister vir Sy reaksie.
JOHANNES 10:27 AFR53 “My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.”
Gebed