https://youtu.be/ulgfV4PWrWA “Gebed word geloof vir elke tree, ‘n gebed reis word ‘n geloof reis saam met Christus” Handelinge 1:8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die …
“Gebed word geloof vir elke tree,
‘n gebed reis word ‘n geloof reis saam met Christus”
Handelinge 1:8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
Net voor Sy Hemelvaart verseker Jesus sy dissipels dat hulle krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees uitgestort word, en dat hulle Sy getuies dwarsoor die hele wêreld sal wees.
Die Griekse woord wat hier met ‘getuies’ vertaal word, word oor vir ‘n agent gebruik. ‘Ons behoort Jesus se agente in die wêreld te wees. En ons sal dit net kan regkry as die Heilige Gees ons die krag daartoe gee.
Jesus is inderdaad deur die Gees van God toegerus om ‘n Blye Boodskap te bring aan mense in nood; die boodskap van verlossing wat Hy vir ons aan die kruis moontlik gemaak het. Hierdie Jesus vra dat die dissipels, ook ek en jy, Sy getuies sal wees deur die krag van die Heilige Gees. En Jesus gee nooit ‘n opdrag sonder die nodige toerusting nie.
Jy kan dus op Sy krag en teenwoordigheid in jou lewe reken wanneer jy besig is om vir Hom te getuig.
Gebed word geloof vir elke tree