Het jy al ooit vir God gevra: Hoekom? Of “Waar is Hy?” Of “Waarom gebeur dit met my?" Soms is die moeilikste geveg nie teen ons omstandighede nie... maar die worsteling met God self. Hierdie Sondag kyk ons na een van die mees aangrypende ontmoetings in die Bybel: Waar God opgedaag het en alles kom …

bid, groei, en leef

Deel die preek:

Het jy al ooit vir God gevra: Hoekom? Of “Waar is Hy?” Of “Waarom gebeur dit met my?” Soms is die moeilikste geveg nie teen ons omstandighede nie… maar die worsteling met God self. Hierdie Sondag kyk ons na een van die mees aangrypende ontmoetings in die Bybel: Waar God opgedaag het en alles kom verander het, al was Hy onherkenbaar. Wat as God nader is as wat jy dink? Wat as jy nie alleen deur jou donker nag gaan nie? En wat as die ding wat jou vandag “so seer maak”… juis dit is wat jou naby aan God hou? As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, as jy vrae het, of net nuwe hoop nodig het, kom luister saam. Ek glo God wil deur Sy Woord met ons praat.