Die tyd waarin ons leef is seker een van die uitdagendste tye vir die kerk van Jesus Christus. Daar is `n oordrewe verdraagsaamheid teenoor sonde en daar is `n voorkeur aan debattering eerder as om onderrig te word. Hierdie is almal ontstellende kenmerke van `n kerk in `n nuwe era en tydvak. MAAR wat sê …
Die tyd waarin ons leef is seker een van die uitdagendste tye vir die kerk van Jesus Christus. Daar is `n oordrewe verdraagsaamheid teenoor sonde en daar is `n voorkeur aan debattering eerder as om onderrig te word. Hierdie is almal ontstellende kenmerke van `n kerk in `n nuwe era en tydvak. MAAR wat sê die Woord van God aan die kerk van vandag? Die antwoord is te vinde in profesieë wat ongeveer 2000 jaar gelede al deur Johannes in die boek Openbaring opgeteken is. Francois neem ons op `n reis deur antieke Asie en ons gaan hoor wat God gesê het oor elkeen van hierdie gemeentes. Die boodskap fokus op die lesse in hierdie briewe en hoe dit van toepassing is op die moderne kerk van Jesus Christus vandag.
Sign up for free class
It’s easy and free!