Deur Hugo Weich Besig met die reeks – Hoe verstaan ek...? En 3 gewilde skrifte uitgehaal... VANDAG een van die mees gewildste in die Woord – moontlikheid is dat jy selfs hierdie een uit jou kop ken! Die betekenis vir my 2006 voltyds in die bediening: “Ek sal jou ‘n toekoms gee”–1-ste tree voltydse. Sekuriteit van …
Deur Hugo Weich
Besig met die reeks – Hoe verstaan ek…? En 3 gewilde skrifte uitgehaal… VANDAG een van die mees gewildste in die Woord – moontlikheid is dat jy selfs hierdie een uit jou kop ken!
Die betekenis vir my 2006 voltyds in die bediening: “Ek sal jou ‘n toekoms gee”–1-ste tree voltydse. Sekuriteit van die militêr; medies; ens…
JEREMIA 29:11 NLV “Ek weet wat Ek vir julle beplanhet,” sê die Here. “Ek beplanvoorspoedvir julle, nie teëspoednie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.”
God kom waarborg vir my ‘n toekoms– en dit dra my tot vandag! Die vers het so ‘n impak op my lewe kom maak – in ‘n aangrypende manier. En ek glo – dalk waarskynlik vir jou ook, op een of ander manier – die vers ook êrens in jou lewe; – My koffie beker; die yskasmagneet… – en dis great!! In ons huis op 3-plekke.
Dis so ‘n wonderlike, gewilde en bemoedigende, hoop vervulde skrif. Maar vandag wil ek jou wys, dat daar selfs ‘n bietjie meer aan die vers is – dalk jou kinders weer oorraam, en hopelik het jy die vers na vandag nog meer lief!
- Onthou die 3-pilare van die reeks: KONTEKSverstaan – wie het dit geskryf? – vir wie? Wat was die groter prentjie; wat kom voor en na die vers; die KONTEKS waarom dit geskryf was?
- 2de: SKRIFmet skrif – die Bybel! Die beste kommentaar op die Bybel is die Bybel self. As ons na die versie kyk – wat sê die Woord nog meer oor die vers.
- 3de: TOEPASSING: die Bybel is nie net teks om te bestudeer nie, maar God se Woord wat ons lewens kom transformeer. Ons is nie net studente van die Woord nie – ons pas dit toe op ons daaglikse lewe – daders van die Woord.
JEREMIA 29:11 NLV … “Ek beplan voorspoed vir julle”
Kom ons ondersoek die konteks vir ‘n nog beter verstaan van die vers. Vers 1 van Jeremia 29 gee ons die konteks baie duidelik.
JEREMIA 29:1 “Wat volg, is die inhoud van ’n brief wat Jeremia in Jerusalem geskryf het. Hy het dit gestuur aan die oumense, priesters, profete en al die mense wat Nebukadnesar uit Jerusalem na Babel toe weggevoer het.”
So help my gou – wie het dit geskryf? Jeremia! Korrek! Aan wie het hy geskryf? Aan die oumense, priesters, profete en al die mense wat Nebukadnesar uit Jerusalem na Babel toe weggevoer het.”
Wat gaan hier aan? Jeremia skryf ‘n brief aan die Joodse bannelinge – die mense wat uit hulle tuisland geneem is, in gevangeniskap onder Koning Nebukadnesar in Babilon. Waarom was hulle in ballingskap? Omdat hulle teenoor God gerebelleer het; – ongehoorsaam aan God – het valse gode aanbid– God sê inderdaad: “Omdat julle dit gedoen het – agv julle sonde, is julle nou vir 70-jaar onder die beheer van die Babiloniers – julle is nou bannelinge!
As ‘n mens ‘n vers soos hierdie lees – moet jy die volgende verstaan: daar is SPESIFIEKEbeloftes in die Woord, en daar is ALGEMENEbeloftes. Daar is spesifieke beloftes wat aan ‘n spesifieke groep mense gemaak is – en algemene beloftes vir almal. En die waarheid is dat Jeremia 29:11is een van daardie spesifieke beloftes wat vir die Jode in ballingskapgemaak is. (Nou wat nou?) Hou vas….
Die probleem is: Ek het altyd geweet dat God sê “Ek beplan vir jou voorspoed” dit was vir my bedoel, veral hierdie skrif gedeelte – waarom – ek wil graag altyd die hoofkarakter in die Bybel wees – dis lekker as alles net oor my gaan. Bybelstudente sal jou baie kan vertel van die EKSEGESEvan skrifte; – om seker te maak ons verstaan die waarheid van die betekenis van die skrif goed – korrekte eksegese van die skrif kan met jou kop smokkel– want jy ken een leer hierdie versie al vir jare so……. – EN ek hou baie meeer daarvan om myself in die skrif in te lees – selfs my naam daar neer te skryf – en dis great– moet asb nooit ophou daarmee nie. (Moet nooit die Grootheid van God en Sy betrokkenheid in jou lewe onderskat vir so verre jy Hom innooi, Hom glo, Hom vertrou, Hom aanroep....)
Maar dit kan ook gevaarlik wees… al doen ons almal dit –As ek aanvaar dat Jer 29:11vir my geskryf is “God gaan my voorspoedgee; geen skadesal my pad langs kom nie; ek gaan net geseendwees, voorspoedig – van my toontjie tot by my kroontjie; ….ENas een van die goed nie so uitwerk nie?.…WEL– ek het gebid, maar eintlik is ons nie geseendnie, ek dien God, en my kind is siek, ek is siek? Ek is so goed gelowig, maar het my werk verloor, of nie gekry nie!
Wanneer ons glo: HIERDIE EENis net vir my, en dit gebeur nie– GEVOEL: God bestaan nie, Hy is nie regtig goed is nie, Hy is ver. Dis die probleem wat ontstaan as onsself in elke belofte inlees– as die hoof en enigste begunstigde. (*)Ons begin God sien as die Een wat moetGEE– alles wat ek nodig het om gelukkig te wees – en Hy word vir my amper soos ‘n Butler wie bestaan om My te bedien. Hoe kan ek jou vandag bedien?
Waaroor gaan dit eintlik?Ons bestaan om God te dien – om Hom te eer. Sy hoogste roeping en Sy doel is NIE om ons te dien nie. Hy het ons reeds bedien deur Sy seun Jesus Christus. En Hy seën ons reeds op soveel vlakke. En altematelysê God nie: Wat kan ek vir jou doen? Ek bestaan vir jou plesier!!
- Ons bestaan vir Sy eer!!
(Onthou: GRACE be unto YOU – 1 Kor 1) WAT NOU? Moet ek nou my koffie bekerwat Marichen vir my gegee het weggooi? Kan nie meer die T-shirtdra nie – moet my Jeremia 29:11 Tattoolaat uit lazer……?
- Nee, nee nee– kom ons delf nog dieper in die skrif– ek jy gaan waarskynlik agterkom dat jy NOG meer krag in die vers is; dat jy nog meer aan Hom gaan vashou as te vore.
KONTEKS: Waarna kyk ons? Jer 29. Wat kom voor Jer 29? Maklik Jer 28: Gaan lees gerus deur Jer 28 – maar hier’s ‘n getroue opsomming. Daar is ‘n man met die naam: Gananja– en hy het kom sê: Raai wat– Julle verdrukking gaan net 2-jaar wees. Julle het gedink die ballingskap gaan lank vat, maar GOD gaan die Babiloniers breek en in 2-jaar is julle vry!
Jer 28is soort van ‘n konfrontasie tussen Gananjaen die profeet Jeremia– En Jeremia sê sekere goed; …. o wag, wag , wag……wat Gananja sê is beter en klink goed – maar dit is nie waar nie. Gananja was ‘n valse profeet– wat vals goeie nuusverkondig het. Julle verdrukking gaan net 2-jaar hou. Jeremia, God se profeet sê – nee nee nee nee– jy’s verkeerd; jy gaan sterf; dis ernstig; moenie dit ligtelik opneem nie – dit gaan jou lewe kos.
In die 7-de maand van daardie jaar…Gananja sterf. Die valse profeet. Klink soos ‘n goeie TV series. Jy moet meer Bybel lees – dis opwindend. Nou verstaan jy ook waarom daar nog mense is wat hulle kids Jeremianoem; nie Gananjanie. Want hy was ‘n valse profeet, wat vals goeie nuus gedring het.
Vandag, waarskynlik meer as ooit– jaag mense valse goeie nuus na. Solank ek hoor wat goed voel. Ek wil hê dat alles oor my moet gaan. Dink daaroor, iemand kom nou na jou en verklaar dat goeie dinge oor jou lewe gaan gebeur – dis amazing– ek glo dit dadelik en ek leef dadelik in daardie verwagting, en dis nie verkeerd nie. (Maar wat as dit sleg uitdraai – wie is dit dan?) Nie die persoon wat dit sê nie – maar God wat telleurstel?
- As ons nie versigtig is nie verval ons in daardie prediking wat net die mooi dinge verkondig (Retha) – hierdie reeks is so tuff – sal ek dit nie net los en makliker preek!
Gaan kyk net TV PREDIKING, en ek skiet dit nie af nie– maar veral so aan die begin van ‘n nuwe jaar – dan hoor jy luidkeels: Dis die jaarvan OORVLOED, X net 8 met X, 777 & siedaar!! Die lentevan jou deurbraak het aangebreek. Dis Jou jaar van Oorwinning. Vandag – op hierdie dag gaan dinge vir jou draai – die voorspoed begin vandag. Die saad wat jy hierdie maand vir Dankbaarheidsmaandingebring het gaan ‘n groot oes lewer. … en en en en en…..
Hoor my gou: Dit is my opregte gebed dat die volgende seisoen jou tyd van OORVLOEDsal wees, met of sonder die somme! Dat met van die lente jou DEURBRAAKaanbreek. Jou jaar van Oorwinning. Vandag– op hierdie dag gaan dinge vir jou draai– die VOORSPOED begin vandag. Die saad wat jy hierdie maand vir die Koninkryk gesaai het gaan ‘n groot oes lewer, en en en …. Mag dit wat jy op hoop en aan vashou, gebeur.
Die probleem is:– as ons net DITglo, net DITnajaag – dan, eendag wanneer DITdalk nie gebeur nie, dan wonder ons: Is God regtig goed, bestaan Hy werklik? Gee Hy regtig om? Kort voor lank word ons Christenlewe ‘n middel tot ‘n doel.
- (*)God bestaan om my lewe lekkerder en gemakliker te maak. (*)God bestaan om my voorspoedig te maak. (*)God bestaan Om my te seën.
As ons nie versigtig is nie– word ONSdie hoofkarakter van God se Woord – waar die realiteit is dat: GOD IS DIE HOOFKARAKTERvan ALLES!!! Hy IS die bron van alles. Hy is die antwoord op alles. Hy moet die voorwerpvan ons grootste begeerte wees. God is al wat ek nodig het!
- As ons nie versigtig is nie – settle ons vir valse goeie nuus.
Wat ons vandag leer uit Jer 29:11moet konsekwent op enige plek in die wêreldverkondig kan word. As alles gaan oor jou nuwe huis, jou nuwe kar, jou beter lewe, jou nooit siek wees nie……. (*)hoe preek ek dit vir ‘n mamma wie se kind ernstig siek is in die hospitaal, erger nog – hoe preek ek dit vir ‘n Christen vrou in Sirie wat haar kind verloor het in ontvoering en wat nou in ‘n vlugteling tent leef? (Dokumentêr gekyk van die vlugtelinge…The Flow)
…dit gaan netnou beter word…, julle word stiller….
- Daar sal nooit iets slegs met jou gebeur nie? Vertel dit vir Christen ouers wat hulle kind aan malaria verloor het – want hulle kon nie ‘n muskietnet kry of bekostig nie.
Vraag as prediker: Sou ek Jer 29, soos ons hom gebruik – enige plek kon preek? Of moet ek ‘sarkasties’verklaar: – Jer 29 geld net vir ‘n klomp uitgesoekte mense? Vir die res– daar’s nie genade vir julle nie– hierdie blessing is vir ons – ons dien ‘n God wat altyd vir my ‘n parkering voor die belasting kantore uitsoek – ‘n God wat sorg dat my nuwe iphone upgrade vir my wag – Prys die Here – dis die God wat ek dien. Is dit waar?– Hoe verduidelik ek dit vir Hope, ‘n toegwyde volgeling van Christus in sy 3m/3m huis, sonder plafon – waar 4 mense in woon, sonder ‘n badkamer… (Hy kies dit, ekt gewerk vir myne?)
- Dis ‘n baie selfgesentreerde uitkyk: ‘n Mens moet mooi hieroor dink: Studies:“If I can’t preach this everywhere, I shouldn’t preach it anywhere”
As ons ‘n God najaag wat ons net vreugde*verskaf sonder pyn; *seeningesonder stryd; *voorspoedsonder enige struikelblokke; jaag ons eintlik valse goeie nuus na. (Gananja) En dis baie gevaarlik. Dis een van die redes waarom soveel mense geloof eenkant sit. Wel, God het nie gedoen wat ek nodig gehad het nie….. Ek het my volle tiende gegee – en ek het nie ryk geword nie; Ons is elke Sondag in die kerk, en my seun het nog steeds siek geword….
Hierdie vers: ‘n Spesifieke belofte vir ‘n groep mense. Kom ek help jou gou met ‘n ALGEMENE BELOFTE…..– as jy dink dit was depressing – hoor nou… (Jy steeds bly jy het vandag kerktoe gekom?) Ek weet hierdie is moeilike goed – kom preek dit dan sal jy sien……
REKENAAR probleme – ek sien hoe 8-bladsye voor my oë verdwyn – Here het my afgegee!!
- Hier is 2-wonderlike koffie beker oomblikke gee – die graphic designers moet nou naderstaan vir ‘n topverkoper; hierdie is vir ons; vir Christene – volgelinge van Jesus…
2 TIM 3:12 “Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word.”
Yskasmagneet – kinderfoto raam; Wonderlik; Prys die Here – Ek sal vandag vervolg word. Ek’s so lief vir die versie – dis my memory verse – ek leef daarby!
FIL 1:29 NLV“Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.” Wonderlik – Prys die Here; wil so T-Shirt hê!
Wat moet ons verstaan? Die goeie nuus; die werklike goeie nuus; die goeie nuus is NIE datGod ons REDuit al ons beproewinge nie– MAARdie goeie nuus is dat GOD ons van ons sondes GEREDhet! Dis die goeie nuus! Dis die regte goeie nuus. En die rede waarom ons nie opstaan en juig nie – is omrede ons nog nie die impak daarvan begryp nie!!
- Die skrif sê ons skiet almal ver te kort.. (Rom 3:23 – ons ontbreek aan die Heerlikheid van God)
En hoor: Dit gaan nie eers oor God se standaard van heiligheid, Sy standaard van volmaaktheid – en ons skiet vertekort– ons ontbreek daaraan! Dis NIE waar die shortfall is nie…. dis dat ons geensins gekwalifseer het nie – dat daar geen verdienste was nie – en toe kom Jesus – betaal die volle prys – opbetaal – paid in full!! Hy word mens – kom woon onder ons!! Hy word die sonde vir my en jou!! – soveel so dat God wegkyk!! – Jesus sê– Ek het gedoen waarvoor U my gestuur het – Dit is VOLBRING!!
- Dis die goeie nuus! Dis die beste nuus!!! Dit verteenwoordig ons GOEIE GOD!! Die goeie nuus; (*) nie dat God bestaan om my te red van beproewinge nie – (*) maar dat God Sy Seun Jesus Chrstus gestuur het om my te red van die verderf! Van Sonde!!
- Daarom, as God nie doen wat ek wil hê Hy moet, dan panic ek nie en hardloop ek nie weg van Hom nie – maar ek omhels Sy karakter en Sy aard -goeie God!!
Dis die Evangelie: Jesus het vir ons kom doen wat ons NIE vir onsself kon doen nie. Die Een wat GEEN sonde geken het nie – het Sonde geword, in jou plek kom sterf – sodat jy kan leef! DAAROM – VIR DIE REDE: moet ons redelike reaksie wees – ek neem my kruis op, ONTKEN MYSELF EN ALLES WAT EK WIL Hê – want dit gaan nie oor my nie – en ek volg HOM!
—–Dis baie meer fun as alles oor my gaan.
- Die vlugtelinge wou dit makliker gehad het – net soos ons. Ek wil dit maklik hê – 2-jaar asb Here. Kry my hier uit! Ons is in slawerny vasgevang – ons wil nie hier wees nie.
Net voor die gewilde vers 11 – wat kom voor dit, vers 10: hoor wat sê vers 10:
JER 29:10 NLV “So sê die Here: “Julle sal 70 jaar lank in Babel wees. Maar as die tyd verstryk het, sal Ek al die goeie beloftes begin vervul. Ek sal julle na julle land toe terugbring.”
Dis wat die Here sê. Na hoeveel jaar? Help my? Na 70-jaar!! Sal ek die belofte vervul!
Met wie het Jeremia hier gepraat? Onthou? Hy het dit gestuur aan die oumense, priesters…..” Die ou mense… Verbeel jou om vir ‘n 70-jarige te sê – ek kom terug oor 70-jaar…. Ek weet die planne wat U vir my het – van voorspoed, van ‘n toekoms – hoop ens….”
- Reaksie: Ons gaan dit nie sien gebeur nie! Ons gaan dit nie in die natuurlike beleef nie – God praat met hulle oor die bonatuurlike – omdat Hy planne het om hulle te seen, met voorspoed, hoop vir die toekoms.., nie gebasseer op die lewe nie. HOEKOM??
- Onthou die ander skrif wat sê: 1 KOR 2:9“Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie – dit het God voorberei/beplan vir hulle wat Hom liefhet.”
MAAR – Ek wil dit nou hê –nou hê!! Daardie nuwe kar – dis wat ek wil hê Here!!! Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. – hoe nou gemaak met die vers?… en my beker?…..
- Het die skrif nou sy waarde vir my verloor?– Nee nee nee nee nee nee – Is die skrif waar – in elke sin van die woord?– Ja ja ja ja ja ja ja –
- Ek weet wat Ek vir jou beplan het? Het God planne vir jou! JA JA ‘n duisend maal JA
- Het God ‘n doel en ‘n droom oor jou toekoms? JA ja ja ja – ‘n duisend maal JA
- Ef 1:11– God werk alles uit in ooreenstemming met Sy doel vir ons lewens!!
- Hy werk alles ten goede mee vir die wat Hom liefhet!! – Ja JA – God het ‘n plan vir jou.
Het God ‘n plan om jou lewe te seën??? Ja – ALTYD!! Die hele dag lank!!
(Onthou skrif met skrif) – God is ‘n goeie God – en elke goeie gawe kom van Hom – en Hy wil Sy kinders daarmee oorlaai. Gee God voorspoed! Jy – Hy doen!!! Rykdom is glad nie ‘n slegte ding nie – jy kan baie groot verskil maak met geld– God gee voorspoed – nie almal ken voorspoed nie – maar wees versigtig: Voorspoed is nie net geld nie – Jy het dit dalk in verhoudings, in gesondheid, in vriendskappe, in vreugde!!
Maar wat as jy kanker het? Kan jy steeds vashou aan HOOP? JA ALTYD!!Heeldag lank!!! Ek hou vas aan die hoop dat die Naam van Jesus groter is as die naam van jou kanker. Ons het hoop in God wat sê: Geen ding is onmoontlik vir God nie! As jou lewe uitmekaar val? En jy weet nie of God jou ooit weer sal kan gebruik nie? Na wat ek gedoen het? WAG – Jy het ‘n toekoms in God– ons dien ‘n GOD wat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet.
Hy vat selfs dit wat jy opgemors het– en Hy bring iets goeds daaruit voort. Hy gebruik dit om ons te verander na Se beeld – Jy is nie klaar nie – as jy nie dood is nie – is jy nie klaar nie. (CS Lewis– voël in die eier)… (Frank Rautenbach – Sondag 16 Desember)
Die Vers: Nie ALLEEN vir my geskryf nie, maar alles daarin is waar– dis God se karakter en droom vir elkeen van ons. Omhels dit – MAAR MOENIE BY VERS 11 STOP NIE!!! WANT – die vers wat eintlik op die koffie beker moes eindig is die versie wat volg!
Vanaf Vers 12… wat ‘n algemene belofte vir almalword – waarom!! Want dit is konstant in vergelyking met soveel ander algemene beloftes in die Woord. En dit sê God:
JEREMIA 29:11-14 NLV “Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here.”
Selfs al gaan ek deur ‘n dal van doodskaduwee – U stok en U staf die vertroos my – U berei die tafel voor my aangesig – teenoor my teestanders – U Maak my hoof vet met olie – my beker loop oor – net goedheid en guns sal my volg – al die dae van my lewe…..
Hy sal ons nooit nooit nooit verlaat nie –
- Die hooftema van die boodskap – God verlos ons nie uit alle beproewinge nie – Hy gee nie altyd alles wat ons wil hê nie; Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie!!
Hy’s meer besorg oor jou ewigheid – en Hy is altyd altyd GOED!! Daarom berus ons geloof nie op wat Hy doen of nie doen nie; maar oor wat HY REEDS GEDOEN HET – deur Sy Seun Jesus Christus! Die Kruis sê – Jy is waardig– vir die res van jou lewe! JY – Jou karakter en jou menswees is goed, daarom dien ek God – daarom volg ek, daarom wy ek my lewe aan Hom!
Nou – 12-jaar later, “Ek wil hê dat jy hoop vir die toekoms moet hê” Verklaar die Here – is die skrif steeds deel van my hele roeping – al was dit nie spesifiek vir my bedoel nie – is daar Goddelike waarheid in elke sinnetjie! Ja, ‘n duisend maal JA! MAAR – wat eintlik my LEWE en my roeping kom verander het, is die volgende verse:
Julle sal na My roep & bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here.”
En dis wat ek gedoen het – en dis wat ek jou aanraai om te doen! In die middel van jou gebrokenheid, beproewinge, jou siekte, jou ellende – al weet jy nie eers hoe nie– begin roep!!! God – ek het U nodig – ek weet U is daar, real – wys U heerlikheid aan my!!!!!
En Hy HET!!! – want hierdie is ‘n algemene belofte vir een en elkeen!! As jy roep – SAL HY LUISTER!!! As jy soek – SAL JY VIND!!!! Nader tot My en ek sal tot JOU nader!! Verstaan jy waarom hierdie steeds een van die wonderlikste verse in die Bybel is!!
- Want dit is een van daardie verse wat jou gaan help om Hom persoonlik te leer ken!!
My gebed: Dat die Here ons sal help – as dissipels en studente van Sy Woord – om nog ‘n groter verstaan te kry – en nog meer liewer te word vir Hom – soos die Woord Sy karakter en natuur aan ons openbaar.
GEBED:
As jy vandag: Moeilike tyd gaan: jy bid en niks gebeur; Ek verstaan dit – dis baie moeilik – dit ruk aan jou geloof – ek wil vir jou bid – dalk finansiele probleme en uitdagings – werk verloor – dis hartverskeurend – God is jou Voorsiener – Hy het jou lief en Hy is getrou!!! Hou vas aan die belofte van Sy Sorg – Hy sorg vir die mossies – hoeveel te meer nie vir jou!
Dalk slegte mediese verslag – dalk depressie – verhoudings uitdagings – familie probleme – wat dit ookal is – jy weet jy het God nodig – jy het Sy ingryp nodig – Sy teenwoordigheid – jy het ‘n wonderwerk nodig!! As dit jy is vandag? Dan wil ek graag vir jou bid. NOU
Mense roep uit na God – uitgestrekte hand en harte! Ons nader tot God – en Hy nader tot ons! Ons roep – ons soek. En ons weet, dat U ons ook uit ons beproewinge sal red, sal uithelp – dankie dat U gebede antwoord – dat U wonderwerke doen. En al is dit nie U hoogtste doel vir ons lewens nie – maar dat U ons van ons sonde red en van verlore gaan red –sal ons juig daarin– maar NOU – terwyl ons daarin juig – en Here – vir die wat nou deur hierdie swaar beproewing gaan – sal U deur die krag van U Gees– Wys, toon dat U genoeg is!!! Dat U ons hart, ons gemoed, vat na ‘n plek, ‘n geestelike dimensie waar ons bonatuurlike vrede en rustigheid sal vind – wat alle verstand te bowe gaan.
U Woord leer ons wat ons mag vra – ons vra vir ‘n wonderwerk, ons vra vir genesing; vir voorsiening, vir vergifnis – vir die versoekings wat ons moet oorkom. Breek die kettings wat ons vashou; Ons weet ook dat U reageer op ons geloof – op ons belydenis – op ons hoop – op die verwagting waaraan ons vashou!! En wanneer U nie dadelik antwoord soos ons dit wil he nie – wil ons steeds fokus op U karakter – ons geloof in u.
God ons vertrou U – ons glo in U – selfs as U dit nie doen nie – sal ons steeds vertrou – sal ons steeds bly hoop. Mag U die senter van al ons hoop en geloof bly!
Amen, Gert– Psalm 121 (Retief Burger)
Comments
Koot van der Walt
God sê “daar sal nie ʼn haar uit jou kop val as dit nie my wil is nie” M.a.w. alles, maar alles wat gebeur is God se wil?
Die gogga wat sterf om dat ek onbewustelik op hom getrap het, is God se wil? Die oorlog en verdriet in Ukraine, is God se wil?
Dit kan tog nie anders nie, want as dit nie so is nie, kan daar geen orde in die heelal wees nie. Die een boer bid vir reën sy saailinge het dit dringend nodig of hy gaan ʼn misoes ervaar. Sy buurman bid dat dit nie moet reën nie want anders gaan sy oes op die lande vrot word.
Die here het in sy alwetendheid besluit, reeds toe hy die aarde geskep het, watter dag sal dit reën en watter dag sal die sonskyn op watter plek op aarde.
Ons kan slegs bid vir die genade om te kan verduur wat ons gesteur is om te verduur. Niks anders nie. As dit deel van die groot plan is dat ek moet gaan vandag dan moet ek bid vir die krag om dit te kan verduur, en moet ek saam met Christus bid, ” as dit u wil is laat die beker my verby gaan’. Want, as Christus bang en benoud was om te moet verduur wat hy geweet het gaan gebeur, dan kan ek maar weet dat ek ook beslis bang mag wees.