Daar is baie kinders van die Here wat gematigde Christen lewens lei. Hulle het ‘n getuienis dat hulle op ‘n tyd wel die keuse vir die Here gemaak het, maar daar het bitter min gebeur na dit. Trouens baie min van hulle leefstyl keuses het verander. Ons het nog net die top van die ysberg …
Daar is baie kinders van die Here wat gematigde Christen lewens lei. Hulle het ‘n getuienis dat hulle op ‘n tyd wel die keuse vir die Here gemaak het, maar daar het bitter min gebeur na dit. Trouens baie min van hulle leefstyl keuses het verander. Ons het nog net die top van die ysberg van God se goedheid, Sy karakter, Sy volmaaktheid en Sy liefde gesien. Daar is `n dieper dimensie, `n plek waar ons God kan ervaar soos nog nooit van tevore nie. Maar ons moet onsself posisioneer sodat ons op die regte plek kan wees waar ons God kan hoor en deur Hom gelei kan word. Wanneer Paulus in Hebreërs 5 met gelowiges praat sê hy aan hulle: “Om die waarheid te sê, behoort julle eintlik self al mense te gewees het wat ander van die dieper dinge van die godsdiens kon vertel. Maar kyk net na julle: ’n mens moet julle weer van die begin af al die basiese dinge oor God en sy boodskap leer.”







