Reeks : Positief Preek: Bemoedigend   2 Corinthians 7:5‭-‬6 (NLT)‬‬‬‬ When we arrived in Macedonia, there was no rest for us. We faced conflict from every direction, with BATTLES ON THE OUTSIDE and FEAR ON THE INSIDE. But God, who encourages those who are discouraged, encouraged us by the arrival of Titus. Hebreërs 3:13 (DB) …

Reeks : Positief

Preek: Bemoedigend

 

2 Corinthians 7:5‭-‬6 (NLT)‬‬‬‬
When we arrived in Macedonia, there was no rest for us. We faced conflict from every direction, with BATTLES ON THE OUTSIDE and FEAR ON THE INSIDE. But God, who encourages those who are discouraged, encouraged us by the arrival of Titus.

Hebreërs 3:13 (DB)
Praat mekaar ELKE DAG moed in terwyl God nog vir ons die kans gee om dit te doen. Help mekaar dat nie een van julle deur die lekker van die sonde so betower word dat julle God nie meer raaksien nie.

Hebreërs 10:23‭-‬25 (DB)‬‬‬‬
Daarom kan ons sonder enige twyfel vashou aan die beloftes wat God aan ons gemaak het. Laat ons GEDURIG maniere soek om mekaar opgewonde te maak om goeie dinge vir mekaar te doen en lojaal teenoor mekaar te wees. Juis daarom moet ons GEREELD bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig. Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie.

Handelinge 20:35 DB
Op dié manier wou ek vir julle wys dat julle nie net vir julleself moet lewe nie. Sien ander mense se nood en armoede raak. En help hulle. Onthou: ons Here Jesus het gesê: ‘Dit is beter om te GEE as om net te wil ONTVANG.’”

BEMOEDIGEND

Romeine 1:10‭-‬12 (DB)‬‬‬‬
Elke keer as ek bid, vra ek Hom of Hy tog nie ’n plan kan maak sodat ek binnekort na julle toe kan kom nie. Ek wil julle baie graag persoonlik ontmoet. Ek het die wonderlikste GEESTELIKE GESKENKE uit God se hand ontvang waarin ek julle wil laat deel. Dit sal julle geloof sterker maak. Ek wil graag ook iets van julle ontvang: julle groot geloof kan my aanspoor om nog harder vir die Here te werk. So kan ons mekaar help om die Here nog beter te dien.

I SAMUEL 30:6 (AFR 53)
En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.

 

2 PETRUS 1:3 (NLV)
Deurdat ons Hom regtig ken, het Sy Goddelike krag ons ALLES laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om Sy heerlikheid en goedheid te ontvang!

 

1.Die Kerk het JOU nodig:

 

1 KORINTIËRS 12:18‭-‬27 NLV
Maar nou het God dit so beskik dat daar verskillende ledemate sal wees en dat elkeen van hulle sy eie plek in die liggaam sal hê, soos Hy dit goedvind. As alles net een ledemaat was, dan sou daar mos geen liggaam kon wees nie! Ja, daar is baie lede, maar net een liggaam. Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek kan sonder jou klaarkom” nie. En op sy beurt kan die kop nie vir die voete sê: “Ek kan sonder julle klaarkom” nie. Om die waarheid te sê, juis daardie liggaamsdele wat vir ons onbelangrik lyk, is des te meer noodsaaklik. En die dele van ons liggaam wat ons as minder eervol beskou, beklee ons met groter sorg. Op hierdie manier beskerm ons daardie dele waarvoor ons skaam is, vir die oë van ander, terwyl ons ander lede dit nie nodig het nie. God het dus ons liggaam so kunstig saamgestel dat daardie liggaamsdele wat eer kortkom, juis dubbele eer kry. Gevolglik heers daar harmonie in ons liggaam en al die liggaamsdele sorg saam vir mekaar. As een ledemaat swaarkry, kry al die ledemate saam swaar, en as een ledemaat vereer word, juig al die lede saam. Julle is Christus se liggaam en elkeen van julle is ’n noodsaaklike liggaamsdeel.‬‬

 

ROMEINE 15:5 NLV
Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome harmonie met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges.

 

BEMOEDIGEND

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *