https://youtu.be/WrFGoSrmeb4 As alles verander! Sondag 17 Feb @ Harmonie God maak ons nou deel van sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees HEB 12:28 AFR53 “Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.” HEB 12:28 NLV “Daarom moet ons wat …
As alles verander!
Sondag 17 Feb @ Harmonie
God maak ons nou deel van sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees
HEB 12:28 AFR53 “Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.”
HEB 12:28 NLV “Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien.”
Heb 12:28 DB “God maak ons nou deel van sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees. Daaroor moet ons oorloop van dankbaarheid. Laat ons
Hom dien met eerbied en al die respek wat Hy verdien en laat ons besef hoe klein ons regtig in vergelyking met Hom is.”
JAK 1:17 AFR53 “Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”
Saam met die mens se veranderlikheid is ons besig om daarmee saam vir ons ‘n God te fabriseer wat by al die verandering aanpas!
In 1 Sam 19 lees ons ‘n baie interessante verhaal. Koning Saul het die obsessie gehad om Dawid dood te maak. Hy het die soldate gestuur om hom in sy eie huis dood te maak. Maar, Dawid se vrou Migal het van die bose komplot gehoor en Dawid deur die venster laat afsak –
1 SAM 19:13-14 NLV “Daarna neem sy ’n huisgod, laat lê dit op die bed met bokhaar by die kop en gooi dit toe met ’n kombers. Toe die soldate kom om Dawid te vang, sê sy: “Hy is siek.”
Jy kan nie God rondskuif, of manipuleer soos dit jou pas nie…Hy is God!
PS 93:2 AFR53 “Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.”
Baie kostelik beskryf die profeet afgodsversorging in Jesaja –
JES 41:7 NLV “Die werksmense maak gou nuwe gode. Die ambagsman jaag die goudsmid aan, en die een wat die metaal uitklop, help hom wat by die aambeeld werk. “Die smeewerk is goed!” sê hulle. Dan slaan hulle die beeld met spykers vas sodat dit nie omval nie!”
MAAR, ONS GOD IS ‘N BESTENDIGE GOD EN SY TROON IS BESTENDIG!
HEB 1:8 NLV “Maar vir die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir altyd onwankelbaar vas. U koninklike heerskappy word gekenmerk deur regverdigheid.”
HEB 7:24-25 AFR53 “maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.”
Daniel hoofstuk 3: Koning Nebukadneser het ‘n gou beeld opgerig – almal moes met die geluid van musiekinstrumente neerval en die beeld aanbid – maar S, M & A het geweier – waarop hulle dan voor die Koning gebring word. Finale waarskuwing: Buig voor die beeld – so nie word julle in die brandende vuuroond gegooi.
“Ons God is in staat om ons uit die vuuroond te verlos! MAAR SO NIE – laat dit bekend wees, o koning – dat ons u gode nooit sal dien nie, nooit sal aanbid nie!
Maw – al doen Hy dit nie – al red Hy ons nie – maak dit geen verskil nie – ons sal nie voor u gode buig nie!
HEB 12:28 AFR53 “Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.”
As alles verander!