Daar is 'n verskil tussen ‘bang-wees’ vir iets wat dalk kan gebeur, of om elke dag in vrees te leef. Soms raak jy so bang vir die goed wat NOU met jou gebeur, dat dit jou besluite begin beheer, jou wêreld kleiner maak en jou weerhou van dit waartoe God jou roep. Jy doen wat …

bid, groei, en leef

Deel die preek:

Daar is ‘n verskil tussen ‘bang-wees’ vir iets wat dalk kan gebeur, of om elke dag in vrees te leef. Soms raak jy so bang vir die goed wat NOU met jou gebeur, dat dit jou besluite begin beheer, jou wêreld kleiner maak en jou weerhou van dit waartoe God jou roep. Jy doen wat gedoen moet word… maar diep binne jou is jy regtig bang. Wat doen jy wanneer jou omstandighede groter voel as jou moed? Wanneer jy nie weet hoe om vorentoe te gaan nie? Hierdie Sondag ontdek ons dat God nie wag totdat jou ‘bang-wees’ verdwyn voordat Hy jou ontmoet nie. Dalk is dit tyd om opnuut te ontdek wat dit beteken wanneer God sê: Ek is by jou!