Jy weet God is lief vir die wêreld... maar glo jy werklik dat Hy vir JÓÚ lief is? Nie net op jou goeie dae nie. Nie net wanneer jy geestelik sterk voel nie. Nie net wanneer jy alles reg doen nie. Maar nou... presies soos jy is. Hoe GROOT is God se liefde werklik vir …
Jy weet God is lief vir die wêreld… maar glo jy werklik dat Hy vir JÓÚ lief is? Nie net op jou goeie dae nie. Nie net wanneer jy geestelik sterk voel nie. Nie net wanneer jy alles reg doen nie. Maar nou… presies soos jy is. Hoe GROOT is God se liefde werklik vir jou, het jy enige idee? Hierdie Sondag gesels Hugo Weich oor hierdie een waarheid wat die vyand die hardste probeer om jou kop deurmekaar te maak.







