Hierdie Palmsondag nooi ons jou om saam te kom ontdek by Harmonie Geloofsfamilie wat dit werklik beteken toe die skare uitgeroep het: “Hosanna!” ’n Smeekbede, ’n verwagting… maar ook ’n jubelende loflied. Toe Jesus op ’n nederige donkie Jerusalem binnekom, het mense palmtakke gewaai; ’n teken van oorwinning en koningskap. Maar min het werklik verstaan …
Hierdie Palmsondag nooi ons jou om saam te kom ontdek by Harmonie Geloofsfamilie wat dit werklik beteken toe die skare uitgeroep het: “Hosanna!” ’n Smeekbede, ’n verwagting… maar ook ’n jubelende loflied. Toe Jesus op ’n nederige donkie Jerusalem binnekom, het mense palmtakke gewaai; ’n teken van oorwinning en koningskap. Maar min het werklik verstaan wie Hy is… en wat Sy koms vir hulle beteken. Wat beteken dit vandag vir óns dat die Koning kom? Hoe lyk ’n lewe wat Hom eer, nie net met woorde nie, maar met alles wat ons is? Kom beleef ’n boodskap deur Nick Basson wat jou hart sal roer en jou perspektief kan verander. Hosanna, ons Koning kom!







