Hierdie Sondag by Harmonie praat ons oor “Groeipyne.” Daardie ongemaklike, maar noodsaaklike deel van geestelike groei. Net soos kinders deur groei fases gaan, werk God ook in ons lewens op maniere wat soms ongemaklik voel. Die fokus val Sondag op ons groei in Gehoorsaamheid: Die plek waar geloof ’n besluit word, waar ons kies om …
Hierdie Sondag by Harmonie praat ons oor “Groeipyne.” Daardie ongemaklike, maar noodsaaklike deel van geestelike groei. Net soos kinders deur groei fases gaan, werk God ook in ons lewens op maniere wat soms ongemaklik voel. Die fokus val Sondag op ons groei in Gehoorsaamheid: Die plek waar geloof ’n besluit word, waar ons kies om God te vertrou selfs wanneer dit ons iets kos. Groeipyne is nie ’n teken dat iets verkeerd is nie, dis die bewys dat God besig is om ons te vorm. Kom luister hoe elke tree van gehoorsaamheid ons nader bring aan geestelike volwassenheid en ’n sterker wandel saam met Christus.







