Daar is min dinge in die lewe waaroor ons seker kan wees. Maar, dat dinge soms skeef loop vir almal, is ‘n gegewe. Ons beland in situasies of probleme duik op wat buite ons beheer is. Dan wonder ons waar God is en hoekom Hy dit toelaat! Daar is wonderlike voorbeelde in die Skrif waarby …
Daar is min dinge in die lewe waaroor ons seker kan wees. Maar, dat dinge soms skeef loop vir almal, is ‘n gegewe. Ons beland in situasies of probleme duik op wat buite ons beheer is. Dan wonder ons waar God is en hoekom Hy dit toelaat! Daar is wonderlike voorbeelde in die Skrif waarby ons gaan stilstaan en sien dat daar tog “’n Plan is”- al lyk dit nie so nie. Die Here het nooit gesê dat ons NIE deur moeilike situasies sal gaan nie, Hy het wel gesê dat ons NIE ALLEEN daardeur hoef te gaan nie. Kom luister as Rassie met jou gaan deel wat ons kan leer van God se beskerming en Sy plan vir ons. Sy tema vir Sondag is: “‘n PLAN – al lyk dit nie so nie”.







