Die dissipels van Jesus kon eers nie verstaan waarom Jesus moes weggaan en hulle agterlaat nie. Maar Jesus het hulle gerusgestel en verseker dat Hy Iemand in Sy plek sou stuur om hulle te troos, te lei en te herinner aan alles wat Hy hulle geleer het. En Hy belowe dat hulle krag sal ontvang …

bid, groei, en leef

Deel die preek:

Die dissipels van Jesus kon eers nie verstaan waarom Jesus moes weggaan en hulle agterlaat nie. Maar Jesus het hulle gerusgestel en verseker dat Hy Iemand in Sy plek sou stuur om hulle te troos, te lei en te herinner aan alles wat Hy hulle geleer het. En Hy belowe dat hulle krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom. Hierdie belofte was nie net bedoel vir die dissipels nie, maar vir elke persoon wie bely dat Hy Jesus persoonlik ken. Jy is nie magteloos nie – jy is gevul met goddelike krag. Jy is nie doelloos nie – jy is geroep om te getuig, lief te hê, om te dien. Jy is nie alleen nie – dieselfde Gees wat Christus uit die dood opgewek het, woon in jou. Pinkster is ‘n verklaring dat die kerk lewe, dat die Heilige Gees steeds beweeg en harte aanraak en dat die wêreld nog getransformeer kan word deur Geesvervulde gelowiges wat dit waag om te glo, praat en handel.