[vc_row][vc_column][vc_column_text]
Ons is `n kerk wat glo dat alle mense `n soeke na God het.
Ons doel is om Jesus aan elkeen bekend te stel,
deur `n roeping-ingestelde leefstyl wat deur die Heilige Gees geïnspireer is.
ONS DROOM BY HARMONIE…
dat elke persoon wat by die gemeente inskakel, deel sal word van ons familie wat die Woord liefhet, vir mekaar omgee en deur die Heilige Gees geïnspireer word. Dit is ons gebed dat mense hier die Woord van God sal leer ken en hulle gawes en God se roeping op hul lewens sal ontdek.
Ons streef daarna om deur middel van mentorskap programme vir mense te leer hoe om mekaar lief te hê op `n manier waardeur God verheerlik sal word.
As geloofsfamilie is dit ons strewe om die verskillende behoeftes van ons lidmate aan spreek deur ons verskeidenheid van bedieninge wat in die liggaam funksioneer. Wanneer iemand fisiese of emosionele pyn ervaar moet die familie daar wees om te bemoedig, te ondersteun, te troos en Jesus se liefde te demonstreer. Wanneer iemand `n fout begaan het wil ons ook daar wees om te vergewe en liefdevol die regte pad te wys.
Jy moet die ervaring beleef dat ‘n verbintenis met Harmonie jou gaan help om geestelik sterker te word en meer effektief te groei in God se genade en liefde. As ouers hoef ons nie ons kinders alleen groot te maak nie want daar is mense in die bediening wat dit as hul roeping beskou om die kindertjies van Jesus te leer. Selfs vir ons ouer kinders, tieners en die wat al skool verlaat het, is daar `n heenkome by Harmonie gemeente.
Dis ons persoonlike ervaring dat elke faset van ons lewens beter is omdat ons gekies het om deel te wees van `n groep medegelowiges. Alhoewel die kerk dit nie altyd regkry nie, word ons tog stelselmatig verander om meer soos Jesus te wees. Ons is `n plaaslike groep gelowiges wat deel is van `n groter wêreldwye beweging van Jesus navolgers wie se missie dit is om die liefde van Jesus met die wêreld te deel. Ons gaan nie net kerk toe nie, ons is die kerk.
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_single_image image=”1416″ img_size=”full” alignment=”center”][vc_column_text]
Ons Waardes…
[/vc_column_text][vc_row_inner][vc_column_inner][/vc_column_inner][/vc_row_inner][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”1571″ alignment=”center”][vc_column_text]
DIE TOU
‘n Simbool wat ons herinner dat wanneer ons werdergeboorte ervaar het ons deur die Heilige Gees onlosmaaklik verbind is met God.
[/vc_column_text][vc_single_image image=”1570″ img_size=”full” alignment=”center”][vc_empty_space][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”1569″ alignment=”center”][vc_column_text]
DIE LIGHUIS
‘n Simbool wat ons herinner dat die Woord vir ons dien as `n waarskuwing van die gevare van hierdie wêreld.
[/vc_column_text][vc_single_image image=”1568″ img_size=”full”][vc_empty_space][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”1566″ alignment=”center”][vc_column_text]
KOMPAS
‘n Simbool wat ons herinner dat die Woord ons leer, lei en die weg aanwys waarop ons moet wandel.
[/vc_column_text][vc_single_image image=”1567″ img_size=”full”][vc_empty_space][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”1565″ alignment=”center”][vc_column_text]
DIE ANKER
‘n Simbool wat ons herinner dat die Woord ons veilig hou en beskerm te midde van die storms in ons lewens.
[/vc_column_text][vc_single_image image=”1564″ img_size=”full”][vc_empty_space][/vc_column][/vc_row]