Polsslag
Tuis | Graad 7 – 12
Welkom by Polsslag!
As jy tussen Graad 7 en 12 is, dan is hierdie groep vir jou!
Polsslag is ons jeug bediening waar al die lesse apart van die kinderkerk aangebied word op ‘n vlak wat verstaanbaar en prettig is.
Ons is ‘n groep van graad 7 tot 12 wat saam staan in die belangrike oorgang tyd van ons lewe. Om goed toegerus te wees en te weet waarheen ons op pad is van kardinale belang.
By Polsslag sal jy leer wat dit vat om die hart van Christus uit te leef en in die ritme van ‘n Gees vervulde lewe te kom.
Wat Ons Doen
Vriende wat soos Familie voel
Ons hou byeenkomste waar jy nuwe vriende kan maak, egte gesprekke kan hê en deel kan wees van ’n groep wat jou aanmoedig. Ons bou ’n kultuur van aanvaarding, respek en pret – waar almal welkom is net soos hulle is.
Leer Meer oor God
Ons gesels oor dinge wat regtig saak maak – wie God is, hoe Hy jou sien, en hoe jy Hom kan volg in jou alledaagse lewe. Ons hou Bybelstudies en kleingroepe wat prakties is, lewendig is, en waar jy altyd jou sê kan hê.
Leiers wat ’n Verskil Maak
Of jy introvert of uitbundig is – jy het iets uniek om te bied. By Polsslag help ons jou om jou stem, roeping en invloed te ontdek. Jy hoef nie te wag tot jy “groot” is om ’n verskil te maak nie — dit begin nou.
