Hartklop Kids
Tuis | Hartklop Kids
Welkom by Hartklop Kids!
By Hartklop Kids leer ons op ‘n prettige en kreatiewe manier meer oor Jesus en hoe om elke dag meer soos Hy te leef!
Elke Sondag om 09:15, gelyklopend met die hoofdiens, kom ons Kids, 2-12 jaar oud bymekaar vir ‘n spesiale program. Hartklop Kids is ‘n veilige, liefdevolle en verwelkomende ruimte waar kinders kan groei in hul geloof, nuwe maatjies kan maak en sommer baie pret kan hê!
Elke Sondag sing ons saam, speel speletjies, luister na Bybelstories, doen kreatiewe aktiwiteite en natuurlik leer ons ‘n belangrike les en kry ‘n soet bederf of twee. Ons volg kwartaal-temas wat ontwerp is om Bybelse waardes op ‘n praktiese en kindervriendelike manier oor te dra, sodat kinders Jesus beter leer ken en leer om Hom te volg in hul alledaagse lewe.
Hierdie kwartaal ontdek die kids wat dit werklik beteken om deel van God se Koninkryk te wees. Elke Sondag leer ons dat ons nie sommer net gewone kinders is nie – ons is koninkryk kids, geskape met ‘n doel, met liefde deur die Koning van die heelal! Deur Bybelstories, kreatiewe aktiwiteite en pret-speletjies leer ons oor identiteit, koninklike waardes, moed, krag en God se beloftes.
Die kwartaal sluit af met ’n feestelike Koninklike Feesviering waar ons saam vier dat Jesus, die Koning van Konings, gebore is én dat Hartklop Kids deel is van Harmonie Gemeente se 10-jaar herdenking! Kinders kan uitsien na ’n kwartaal vol avontuur, geloofsgroei, glansryke krone en koninklike vreugde!
Hartklop Kids, waar hartjies vir Jesus klop!
Wat om te verwag?
Leer van ons waardes, ons storie, en ons kerk deur die “meer oor ons”-bladsy te besoek.
Vir watter ouderdom is Hartklop Kids?
Hartklop Kids is vir kinders tussen 2 en 12 jaar oud – dit sluit in Voorskool tot Graad 6 kinders. Die groepe word ouderdomsgepas verdeel om seker te maak elke kind ontvang ’n les wat by hul vlak pas.
Wanneer en waar vind dit plaas?
Hartklop Kids vind elke Sondag om 09:15 plaas, gelyklopend met die erediens van Harmonie Gemeente. Ons het kinderkerk-klasse waar die lesse aangebied word.
Moet ek my kind vooraf registreer?
Nee, daar is geen vooraf registrasie nodig nie. Jy kan jou kind op die dag self inskryf by die verwelkomingspan by die kinderkerktafel.
Wat doen die kinders tydens Hartklop Kids?
Elke Sondag sing ons saam, luister na Bybelstories, doen kreatiewe aktiwiteite soos kunswerk of speletjies en leer ‘n belanrike les.
Mag my kind saam met ‘n ouer of ouer boetie/sussie ingaan?
Natuurlik! Veral vir die jonger kindertjies, as ’n ouer of ouer boetie/sussie die eerste een of twee keer saam wil kom totdat hulle gemaklik is, is hul welkom.
Wie kan ek kontak as ek nog vrae het?
Jy is welkom om ons kinderkerk-leier, Marichen Beukes, te kontak by 0721409595 of hartklop@harmoniegemeente.co.za.
Hoe kan ek betrokke raak as vrywilliger by Hartklop Kids?
Ons is altyd op soek na passievolle volwassenes en tieners wat graag ’n verskil wil maak in kinders se lewens! Hartklop Kids is afhanklik van vrywilligers om dit ‘n sukses te maak. Ons het altyd hulp nodig op verskeie plekke; van groet, uitpak, oppak, aanbied en kleingroepleiers. As jy dit op jou hart het om deel te wees van hierdie spesiale bediening, kontak ons gerus, ons sal jou graag deel maak van die span!



