Witgepleisterde grafstene…
Hierdie Sondag se Woord deur Rocco Bosman van Rooyen – gaan van my en jou vra om waarlik ons harte te ondersoek, en eerlik met onsself te wees oor watter onsuiwerhede daar is wat ons aan die Here moet bely en gee – sodat ons die oorwinning kan behaal wat God vir ons lewens in stoor het. Dink bietjie vir ‘n oomblik aan woorde soos “Ware en Vals Christene, Oordeel, Genade, die Uiterlike en die Innerlike, Sonde, Vergifnis, “Vals” en “Opreg” ‘n Ware Christen weerspieël Christus! Hy is genadig, nederig en liefdevol teenoor ander. Hy of Sy tree “soos Christus” op in elke situasie! Jesus verwag van my en jou om Sy liefde na ander mense toe te vat dat hulle dit ook mag ervaar! Vergeet wat mense dink, vergeet hoe jy dalk vir ander mense gaan lyk as jy opstaan vir Christus, maak jy net seker jou hart is op die regte plek….en al die res….sal van daar af vloei!