Wat is in jou beker?
Die lewe is soms geneig om ons so bietjie te skud. Wat sien die wêreld wanneer jy so deur omstandighede en uitdagings in jou lewe gestamp word? Wanneer iemand jou stamp met ‘n snedige opmerking, wat stort uit jou beker? Of wanneer jy ‘n sarkasties antwoord ontvang op ‘n vraag, of dalk negatiewe terugvoering kry oor iets waaraan jy hard gewerk en baie tyd aan spandeer het. Hoe reageer jy? Ons wat bely om kinders van God te wees moet daarna strewe om elke dag meer en meer soos Jesus te wees sodat die wêreld die karaktereienskappe van Jesus in ons lewens sal sien. Die Apostel Petrus sê in 1 Petrus 2:5 – …soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.