Wat die duiwel nie wil hê nie.
God het ons mos geroep om te groei en om meer soos Jesus te word. Om te doen hier op aarde, wat God bly maak en om te fokus op wat Hy wil hê. Sy hande en voete hier op aarde te wees… MAAR Rocco gaan dit so bietjie van die ander kant af benader.
Dalk help dit net soms so bietjie om te besef ons moenie altyd net probeer uithou teen die vyand en sy versoekings nie, maar ons moet teen hom baklei! Op die aanval wees, in plaas van heeltyd op die verdediging wees…! Solank ons “In Christus” (en nie uit ons eie krag) daardie geveg gaan aanpak, sal ons wen…!!