Waarom staan julle so en kyk? – Hemelvaart 2023

Ons vier Hemelvaart. Jesus vaar op en verdwyn in die hemel – voor die dissipels se oë. Hulle staan met hulle voete vas op die grond maar hulle oë is nog in die hemel. So amper asof hulle vergeet het wat Jesus kort tevore vir hulle gesê het. Dit kos twee engele in blink wit klere om hulle “soort-van” wakker te skud! Mens kry amper die indruk dat die engele vir hulle wil sê: “Wat staan julle so en kyk? Julle mors julle tyd! Kom aan die gang!” Natuurlik was daar niks verkeerd met die dissipels om so te “bly staar” na die hemel nie! Wat het nou net hier voor hulle oë gebeur? Daar is baie Christene wat in woord en in daad -so niks vermoedend “staar na die hemel” -dat hulle op aarde niks vir die Here beteken nie. Dis amper asof hulle “Sterrehemel-lewe” en die gewone lewe niks met mekaar te doen het nie. Hulle sien Jesus, hulle weet van Hom, hulle glo in Hom, maar as hulle voete en hulle koppe die aarde tref, dan is dit ver verwyder van die opdrag wat Jesus gegee het, net voor Hy opgevaar het!

Related Posts